×
Skakel na Engels

Word ’n internasionale burger

Word deel van die inisiatief The Global Goals for Sustainable Development en help om uiterste armoede, ongelykheid en ongeregtigheid te beveg en klimaatsverandering te stuit. Lees hier hoe jy jou stem by een van die grootste bewegings kan voeg wat hulle vir ’n beter toekoms vir almal beywer.

Van 25 tot 27 September 2015 het 193 wêreldlyers by die Verenigde Nasies se beraad oor volhoubare ontwikkeling byeengekom en hulle verbind tot 17 internasionale doelwitte om hierdie drie merkwaardige doelwitte binne die volgende 15 jaar te bereik: om uiterste armoede te beëindig, ongelykheid en onreg te beveg en klimaatsverandering te stuit. Nadat die Verenigde Nasies hierdie doelwitte aanvaar het, sal dit namens die hele wêreldbevolking verantwoordelik wees om leiers toerekenbaar vir hul verpligtinge te hou.

Die verbruikersgoederemaatskappy Unilever glo hierdie doelwitte kan bereik word as regerings, ondernemings, gemeenskappe en individue saamwerk. Dit is hoekom hulle in Project Everyone met Global Citizen – ’n wêreldgemeenskap wat mense betrokke wil kry om die wêreld se grootste uitdagings te takel – saamgespan het om die wêreld oor die globale doelwitte in te lig. Saam het hulle die liedjie Tell Everybody geskep, waarin Mafikizolo (Suid-Afrika), Yemi Alade (Nigerië), Diamond (Tanzanië), Sauti Sol (Kenia), Toofan (Togo), Becca en Sarkodie (Ghana) sing. Dié aansteeklike liedjie sal die amptelike lied van die Global Goals-veldtog vir Afrika wees waar ons kunstenaars dié belangrike globale boodskap oordra.

Wat kan jy doen?

Hoe meer mense van die Global Goals For Sustainable Development weet, hoe meer sukses sal die inisiatief behaal. Vertel dus vir almal deur by die huis en by die werk daaroor te praat, e-pos te stuur en debat daaroor te voer. Versprei die boodskap op sosiale media en gebruik die hutsmerke #TellEverybody, #GlobalGoals en #brightFutureSA in jou gesprekke.

Besoek www.globalgoals.org vir meer inligting.

Deel hierdie video en word deel van die beweging vir verandering.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 dinge wat jy nooit in jou badkamer moet bêre nie

Maak seker dat jy nie hierdie foute maak nie

Close