×
Skakel na Engels

Woorde wat jy nooit moet gebruik wanneer jy ’n verhoging vra nie

Vermy hierdie woorde selfs al verdien jy dit
verhoging

Om vir ’n verhoging te vra sal altyd ongemaklik wees en navorsing toon dat vroue 11% minder geneig is om dit te doen as mans.

Maar soms moet jy en wanneer die tyd aanbreek, is dit belangrik dat jy nié hierdie woorde gebruik nie:

Ek het (…) nodig.

Lynn Taylor, die skrywer van Tame Your Terrible Office Tyrant, het aan Business Insider verduidelik dat die gebruik van hierdie woorde enige kans kan ruïneer dat jou versoek vir ’n salarisverhoging suksesvol sal wees.

Sy verduidelik dat wanneer jy vir jou baas sê jy het meer geld nodig, dit hom/haar die teenoorgestelde sal laat doen omdat dit kan klink of jy geld “nodig het” vir persoonlike redes eerder as omdat jou werkprestasies ’n verhoging regverdig.

 Die loopbaankenners beveel aan dat jy eerder bespreek hoe jou werk toenemend tot die maatskappy bygedra het, hoe jy meer verantwoordelikheid aanvaar het en voorbeelde van die relevante prestasies noem.

“Ideaal gesien wil ’n bestuurder voel dat jy reeds ’n tyd lank die werk gedoen het wat ’n hoër salaris regverdig,” sê Lynn. “Hoewel hulle simpatiek teenoor jou saak kan wees, moet hulle beginsalarisse en verhogings op grond van sakekriteria evalueer.”

So selfs al is die motief ’n behoefte aan ’n behoorlike vakansie/nuwe kombuis, fokus op jou prestasies …

via: Prima

Lees nog:

3 geheime wat net ryk mense ken

7 moets en moenies vir onderhoude

3 geldlesse om jou tieners te leer

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 wenke wat jou uit swendelaars se kloue sal hou

Swendelaars sal enige truuk in die boek probeer om hul teiken te vang. Só kan jy hulle in hul spoor...

Close