×
Skakel na Engels

Wonderlike Ramadan-wenke

Terwyl Ramadan tot ’n einde kom, is voorbereidings vir die viering van Eid in volle gang. Hier is ’n paar wenke om jou te help

 

 

5 WENKE VIR EID #GHDaaglikseRamadanwenke

 

  • Beplan vooruit: Verdeel verantwoordelikhede tussen gesinslede en takel een vertrek op ’n keer.
  • Maak vooraf seker jou Eid-spyskaart is reg om ’n minder stresvolle tyd in die kombuis te verseker.
  • Maak ’n punt daarvan om familielede te sien wat jy nie dikwels genoeg sien nie.
  • Deel kos met jou bure.
  • Besoek ’n nagskuiling of ’n organisasie wat kos aan haweloses verskaf en skenk jou ekstra Eid-kos.

 

 

 

 

 

HOE OM NIE TYDENS RAMADAN GEWIG OP TEL NIE #GHDaaglikseRamadanwenke

 

Verrassend genoeg is party mense geneig om tydens Ramadan meer te eet en dit kan tot gewigstoename lei. Hier is ’n paar wenke om die kilo’s in toom te hou:

 

  • Eet ’n gesonde Iftar-maaltyd. Eet voorgeregte en soetgoed in matigheid.
  • Kies meer groente en vrugte om te eet.
  • Vermy versoete drankies.
  • Wees elke dag van Ramadan aktief, selfs al gaan stap jy net – verkieslik net voor Iftar of daarna. Dit sal jou help om jou gewig in stand te hou.

 

 

 

 

 

HOU JOU VEL GLOEIEND TYDENS RAMADAN #GHDaaglikseRamadanwenke

 

Weens die verandering in jou dieet kan Ramadan jou vel gedehidreer en styf laat voel. Met Ramadan wat vanjaar in die winter val, sal jy ekstra vitamiene en minerale nodig hê om jou vel soepel te hou. Doen dit só:

 

Vitamien A: Dit is een van die belangrikste vitamiene vir jou vel, want behalwe dat dit jou vel glad en sag sal laat voel, help voorkom dit ’n droë vel en dehidrasie.

Eet: wortels, appelkose, spinasie en groen blaargroente.

 

B-vitamiene: ’n Tekort aan dié vitamiene kan tot veldehidrasie, die vroeë voorkoms van plooie en voortydige veroudering lei.

Eet: vleis, peulgewasse en heelgrane.

 

Vitamien E: Vitamien E help om die voorkoms van plooie te beperk en help selhernuwing aan.

Eet: neute en groente-olies in kos.

 

Vitamien C: Dié vitamien speel ’n belangrike rol om die vel suiwer en gloeiend te help hou.

Eet (of drink in sapvorm): lemoene en aarbeie.

 

Antioksidante: Antioksidante help beskerm velselle en hou die vel gesond.

Eet: vleis en seekos.

 

Omega 3-vetsure: Dié vette help om jou vel in stand te hou en laat dit gloei.

Eet: hoofsaaklik vis.

 

Water: Dis noodsaaklik om baie water te drink om te keer dat jou liggaam en vel dehidreer, veral tydens Ramadan. Water help ook om jou vel elasties te hou en beskerm jou teen die vroeë voorkoms van plooie.

 

Credit: Nestlé Verenigde Arabiese Emirate

 

 

 

 

 

 

NOG 4 ENERGIEVERSTERKENDE SOPPE VIR RAMADAN #GHDaaglikseRamadanwenke

 

Hier is nog vier sopresepte wat ideaal vir Iftar is. Sop help nie net met rehidrasie nie, maar verteer ook maklik en is vol koolhidraatryke, stadig-vrystellende groente:

 

Blomkool-kaassop

Gemmergegeurde wortelsop

Panzanellasop

Vis-minestrone

 

 

 

 

6 MANIERE ON RAMADAN MAKLIKER (EN PRET) VIR KINDERS TE MAAK #GHDaaglikseRamadanwenke

 

Hoewel kinders eers van puberteit af verplig word om die hele maand van Ramadan te vas, moedig baie Moslem-ouers hul kinders van ’n jong ouderdom af aan om selfs net ’n paar uur per dag te vas om die oorgang later makliker te maak. Hier is ’n paar wenke om dié heilige maand vir die kleinspan makliker en selfs pret te maak:

 

  1. Stel ’n voorbeeld vir jou kinders. Kinders beskou hul ouers as rolmodelle en boots hul handelinge, wetend én onwetend, na.
  2. Laat jou kinders ’n middagslapie neem of slaap ’n bietjie saam met hulle sodat julle almal kan rus en nuwe energie kry.
  3. Lees kinderboeke oor Ramadan. Maak die verhaal prettiger deur beurte te maak om te lees of laat elke gesinslid ’n ander karakter se gedeelte lees.
  4. Betrek jou kinders by die voorbereiding van Iftar. Laat jou kinders – seuns en dogters – jou in die kombuis help.
  5. Nooi vriende en familie vir Iftar. Kinders moet leer dat daar ’n groot beloning is wanneer jy vir iemand wat vas kos gee.
  6. Neem jou kinders saam wanneer jy enige vorm van liefdadigheidswerk gaan doen. Ramadan is die ideale geleentheid om vir armes kos te gee of tyd met bejaardes of weeskinders deur te bring.

 

 

 

 

3 MANIER ON TYDENS RAMADAN JOU HART TE VOED #GHDaaglikseRamadanwenke

 

Die heilige Moslemmaand, Ramadan, gaan nie net daaroor om tussen sonsopkoms en sononder van kos en drinkgoed weg te bly nie, maar ook om jou gedagtes en hart te suiwer. Hier is drie dinge wat jy tydens dié Ramadan kan doen:

 

  1. Goeie dade en welsyn: Doen iets goedhartigs, of dit nou groot of klein is, tydens Ramadan. Dit sal jou goed laat voel en ’n vreemdeling laat glimlag. Maak sadaqah (vrywillige welsyn) ’n gewoonte en gee watter vaardighede of talente jy ook al het om behoeftiges te ondersteun.
  2. Suiwer jou hart en wees versigtig met jou tong: Wat jy sê en hoe jy reageer, is ook ’n groot deel van Ramadan. Praat op ’n goedhartige manier en wees vriendelik.
  3. Vind vrede in gebed: Dié maand is die ideale geleentheid om te bid en nader aan die Skepper te kom.

 

 

 

 

6 WENKE VIR ’N GESONDE, GELUKKIGE RAMADAN

#GHDaaglikseRamadanwenke

 

Ramadan is ’n verootmoedigende en reinigende maand, en tog kan dit jou moeg en traag laat voel – en ’n paar kilo’s laat optel, as jy saans te veel eet. Hier is ’n paar wenke om seker te maak dié Ramadan is anders:

 

  1. Drink baie water – hidrasie is belangrik.
  2. Kry genoeg slaap. Jou liggaam het genoeg ure nodig om te “herlaai” voor die volgende vasdag.
  3. Vermy kafeïen en soetgoed, want dit bevorder dehidrasie.
  4. Moenie Soehoor oorslaan nie. Jy het al die proteïen en koolhidrate nodig wat jy kan kry om jou deur die dag te dra.
  5. Eet ’n gebalanseerde dieet.
  6. Vermy die son. As jy vir te lank in die son is terwyl jy vas, kan jy hoofpyn kry.

 

 

 

 

 

’N LEKKER BEDERFIE NÁ IFTAR #GHDaaglikseRamadanwenke

 

Hier is ’n vinnige, maklike resep vir piesangbrood wat perfek is om vir die bure te gee om saam met ’n koppie tee as ’n laataandhappie te geniet:

 

Resep

Vinnige piesangbrood

 

 

 

 

 

5 PROTEÏENRYKE IDEES VIR SOEHOOR #GHDaaglikseRamadanwenke

 

Proteïenryke kosse gedurende Ramadan sal jou deur die hele dag help en knaende honger in toom hou. Probeer dié heerlike proteïenryke kosse vir Soehoor:

 

  1. Mediterreense Hoender-en-feta-frittata
  2. Ontbytskommel
  3. Kaliforniese ontbyt-wraps
  4. Hawermoutmuffins
  5. Aartappel-omelet met kaas

 

 

 

 

 

5 GESONDHEIDSVOORDELE AS JY TYDENS RAMADAN DADELS EET #GHDaaglikseRamadanwenke

 

Dadels word tradisioneel gebruik om tydens Ramadan die vas te breek. Maar min mense weet van die talle gesondheidsvoordele van dié Midde-Oosterse juweeltjies. Eet dit enige tyd van die jaar:

 

1. Dadels gee jou ’n energiehupstoot, want dit bevat natuurlike suikers.

2. Dis ’n ryk bron van proteïen, dieetvesel en vitamien B1, B2, B3 en B5, asook vitamien A1 en C.

3. Dit het ’n hoë ysterinhoud en is nuttig in die behandeling van anemie.

4. Dit is cholesterolvry en bevat baie min vet.

5. Dit help om die spysverteringstelsel te verbeter, want dit bevat oplosbare én onoplosbare vesel; en verskillende soorte aminosure.

 

Eet dadels heel of voeg dit soggens by jou smoothie vir ’n natuurlike suikeropkikkeraar.

 

 

 

 

 

3 MANIERE OM DI´E RAMADAN GEHIDREER TE BLY #GHDaaglikseRamadanwenke

 

Gedurende die Moslems se heilige maand, Ramadan (wanneer gelowiges van sonop tot sononder vas), raak vastendes dikwels gereeld gedehidreer en kan dit hulle laat traag en gedaan laat voel. Behalwe om glase en glase water te drink, het ons drie ander maklike maniere waarop jy jou waterkwota kan inkry:

 

1. Eet vrugte en groente met ’n hoë waterinhoud : Geniet vrugte soos spanspek, waatlemoen, pomelo’s, pynappels, perskes, aarbeie, frambose en bloubessies. Groente sluit seldery, komkommer, ysbergslaai, tamaties en murgpampoentjies, broccoli, groen kool, blomkool, eiervrug en spinasie in.

 

2. Neem minder kafeïen en sout in: Kafeïen (in koffie en tee) en souterige kosse dehidreer jou liggaam. Drink eerder water of vars vrugtesappe.

 

3. Eet sop vir Iftar: Heilsame, heerlike sop sal jou nie net warm maak nie, maar help ook met rehidrasie en is goed vir spysvertering.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 heerlike soppe vir Ramadan

Ramadan, Moslems se heilige maand, is ’n maand van opoffering waartydens gelowiges van sonsopkoms tot sononder sonder kos en drinkgoed...

Close