×
Skakel na Engels

Winterwenner: Hoenderroomsop met pastarys

Daar’s geen beter medisyne vir daardie koue winteraande as ’n bakkie vullende hoendersop nie. Hierdie resep vir smullekker trooskos sal die hele seisoen ’n ster op jou etenstafel wees
Hoenderroomsop

Maak jou winter heerlik met LANCEWOOD®, wat ’n groot reeks voortreflike produkte het, ideaal om jou geregte heerlik dekadent te laat smaak. Hier is hul onweerstaanbare resep vir hoenderroomsop met pastarys, spesiaal vir die kouer maande:

Hoenderroomsop met pastarys

Genoeg vir: 4

Voorbereidings- en kooktyd: 1 uur Moeilikheidsgraad: Medium Kan nie gevries word nie

Bestanddele 

2 e botter
1 e olyfolie
1 ui, fyngekap
2 selderystingels, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 wortels, geskil en in skyfies gesny
sout vir geur
2 groot, vellose hoenderborsies, in klein blokkies gesny
175 g (1 k) pastarys
1½ liter hoenderaftreksel
150 g (1 k) bevrore ertjies, ontdooi
150 g (1 k) heel mieliepitte, gedreineer
250 ml LANCEWOOD® Sour Cream
varsgemaalde swartpeper
1 hand vol platblaarpietersielie, slegs blare, gekap

Metode

1. Smelt die botter saam met die olyfolie in ’n swaarboompot oor matige hitte. Roerbraai die ui, seldery, knoffel, wortels en ’n groot knippie sout daarin.

2. Laat sweet vir 6 tot 7 minute tot sag. Roer die hoender, pastarys en aftreksel by en bring tot kookpunt.

3. Sodra dit kook, verlaag die hitte en laat prut dit vir 30 minute totdat die pastarys baie sag is.

4. Sodra die pastarys gaar is, roer die ertjies, mielies en suurroom by. Laat vir nog 5 minute liggies prut.

5. Geur na smaak met sout en peper. Skep in warm bakkies en sit voor met ’n bietjie pietersielie bo-oor gesprinkel en nog varsgemaalde swartpeper as jy wil.

Besoek www.lancewood.co.za. vir nog inligting oor LANCEWOOD®-produkte.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bederf jouself hierdie winter met dié dubbel-dekadente sjokoladekaaskoek

Koue winteraande is die perfekte verskoning om jou met iets heerliks besig te hou. Hierdie onweerstaanbare sjokoladekaaskoek is die dokter...

Close