×
Skakel na Engels

Whisky-geskenkpakke

Is jy op soek na ’n wonderlike Kersgeskenkidee? Whiskyliefhebbers sal mal wees oor ’n geskenkpak van Bain’s Cape Mountain Whisky Deur Leah van Deventer

 

 

Ons is dol oor dié trots Suid-Afrikaanse Bain’s Cape Mountain Whisky-geskenkpakke – die ideale Kersgeskenk vir pa’s of base of om gashere in die feestyd mee te bedank.

 

Kies uit mooi verpakkings wat glasware, ysemmers, waterkraffies of ysblokke insluit – met ’n bottel Bain’s Cape Mountain Whisky, natuurlik. Dis beskikbaar van Ultra Liqours, Makro en ander drankwinkels teen sowat R199 per bottel.

 

Bain’s is deur die meesterdistilleerder Andy Watts van water, gis en graan vermeng. Dit is dubbelverouder in eikehoutvate waarin daar voorheen bourbon gehou is, wat daaraan ’n uitsonderlike sagtheid en kenmerkende geur gee.

 

Connoisseurs sal ’n heerlike aroma van ’n kombinasie van blomme, piesang, heuning, geroosterde haselneute en toffie herken.

 

Bain’s word in die The James Sedgwick-distilleerdery in Wellington in die Boland gedistilleer en verouder. Die naam bring hulde aan Andrew Geddes Bain, die pionier-padmaker wat die Bainskloofpas in 1853 gebou het om Wellington met die binneland te verbind.

 

Bain’s is in 2013 by die Wêreldwhisky-toekenningsgeleentheid as die wêreld se beste graanwhisky bekroon en het ook by die 2014 Internasionale Spiritualieë-uitdaging in Londen die vyfde agtereenvolgende jaar ’n goue medalje gewen.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kerfees met Benny Masekwameng

Die MasterChef South Africa beoordelaar en Tsogo Sunglanskok Benny Masekwameng se glimlag is net so breed soos sy koskennis. Dié...

Close