×
Skakel na Engels

Wetenskaplik bewys: Wyn is goed vir jou brein

Kom ons drink daarop!
drinking wine

Wynliefhebbers kan opgewonde raak oor die nuutste navorsing.

Volgens ’n studie wat in Frontiers in Human Neuroscience gepubliseer is, het wynkenners ’n fyn reuksintuig en is dele van die brein groter en dikker. Daar word geglo dat hierdie dikte Alzheimer en Parkinson se siekte beter kan voorkom as niewyndrinkers wie se brein dunner is.

“Hoewel ons nie vir seker weet nie, is daar ’n moontlikheid dat dikker beter is wanneer dit by die brein kom,” het dr. Sarah Banks, hoof van neurosielkunde by die Cleveland-kliniek in Las Vegas en skrywer van die studie, aan die New York Post gesê. “Dit blyk as jy meer brein in daardie gedeeltes het, dit langer sal neem om die uitwerkings van die siekte te voel, maar dis bespiegeling.”

Hoewel meer navorsing gedoen moet word, sê Banks die navorsing is “bemoedigend”, en selfs al is jy nie ’n deftige wynkenner nie, kan dit jou brein sterk hou as jy soos een leef.

Nou ja, ons sal enige verskoning gebruik om ’n ekstra glas te drink – veral gedurende die volgende 61 dae van die verkiesingstyd.

Van: Esquire
LEES OOK: 
Verloor gewig op ’n dieet van rooiwyn en sjokolade?
Dís wat met jou gesig gebeur wanneer jy wyn drink
Ken jou wynjargon
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Regte vriende sal nie …

... kla solank jy wyn het nie!

Close