×

Wêreldpsoriasedag

Wêreldpsoriasedag is op 29 Oktober en die Psoriasevereniging van Suid-Afrika wil vooroordeel, stigmatisering en diskriminasie beveg

 

Wêreldpsoriasedag is vanjaar op 29 Oktober.

Psoriase is ’n algemene, chroniese, terugkerende inflammatoriese toestand wat hoofsaaklik die vel affekteer, waaronder die kopvel, maar ook die vinger- en toonnaels en gewrigte kan insluit.

Die siekte word veroorsaak deur inflammasie as gevolg van ooraktiwiteit van die immuunstelsel. Dit word deur terugvalle en remissies gekenmerk. Ongelukkig is psoriase nog ongeneeslik en dit beteken as dit een keer voorkom, kan dit jou lewe lank terugkeer. Dit is hoekom opvoeding en bewustheid van die siekte noodsaaklik is vir mense wat daarmee leef.

Dr. Mohamed Docrat, ’n dermatoloog wat in die siekte spesialiseer en ’n psoriasebehandelingskliniek  in Kaapstad bedryf, sê psoriase “verskyn die algemeenste as skubberige rooi kolle op die elmboë, knieë en romp”. Baie mense verwar psoriase dikwels met ekseem of omlope, en op die kopvel as ’n slegte geval van skilfers. Hierdie soort wanopvattings en gebrek aan bewustheid lei nie net daartoe dat mense met psoriase hulself isoleer nie, maar ook tot onnodige lyding.

Mense met psoriase loop ook die risiko van ander gesondheidsprobleme, waaronder diabetes, hoë bloeddruk, hoë cholesterol, vetsug, hartaanvalle, inflammatoriese dermsiekte en sekere soorte kanker.

Baie mense met psoriase word nooit behoorlik gediagnoseer nie en daarom is die presiese getal mense met psoriase in Suid-Afrika nie bekend nie, maar na raming affekteer dit sowat twee persent van mense wêreldwyd. Suster Judy Wallace, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Psoriasevereniging, sê daar is beslis ’n behoefte om die lewensgehalte van mense met psoriase te verbeter.

Ondersteuning vir mense met psoriase in Suid-Afrika is beskikbaar deur die Suid-Afrikaanse Psoriasevereniging by www.psoriasis.org.za.

Lees ook:

Wanneer om ’n dermatoloog te besoek

Hoekom jou elmboë droog raak en hoe om dit te keer

Eet jou pad na ’n mooi vel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 goed om vandag te doen om allergieë te klop

Hierdie wenke sal jou minder laat nies gedurende die warmer seisoene

Close