×
Skakel na Engels

Wenke om van rooiwynvlekke ontslae te raak

Probeer hierdie wenke om tjoef-tjaf van rooiwynvlekke ontslae te raak

Klere

 

  1. Spons die vlek met koel water of laat dit vir sowat 30 minute in ’n wasbak vol koel water week.
  2. Behandel met ’n voorwas-vlekverwyderaar.
  3. Was. As dit veilig vir die materiaal is, voeg chloorbleikmiddel by die wasmiddel.

 

Bekleedsel

 

  1. Klad soveel van die gemorste wyn op as moontlik.
  2. Meng een eetlepel vloeibare skottelgoedseep met twee koppies koel water.
  3. Gebruik ’n skoon wit lap om die vlek met die seepoplossing te spons.
  4. Klad totdat die vloeistof geabsorbeer is.
  5. Herhaal stappe 3 en 4 totdat die vlek verdwyn.
  6. Spons dit met koue water en klad droog.

 

OF

  1. Gebruik ’n skoon wit lap en spons die vlek met ’n droogskoonmaak-oplosmiddel.
  2. Klad totdat die oplosmiddel geabsorbeer is.
  3. Herhaal stappe 1 en 2 totdat die vlek verdwyn.

 

 

Mat

 

  1. Klad soveel van die gemorste wyn op as moontlik.
  2. Gebruik skoon water of meng een eetlepel vloeibare skottelgoedseep en een eetlepel witasyn met twee koppies warm water.
  3. Gebruik ’n skoon wit lap en spons die vlek met skoon water of die seep-asynoplossing. Wend ’n bietjie op ’n slag aan en klad gereeld met ’n droë lap totdat die vlek verdwyn.
  4. As jy ’n seep-asynoplossing gebruik, spons met koue water en klad droog.

 

 

Die moeite werd om te probeer:

 

As niks werk om die rooiwynvlek (veral op ’n mat) te verwyder nie, meng een deel vloeibare skottelgoedseep met twee dele waterstofperoksied. Spons dit aan, klad dit op. Spoel goed uit. Toets eers op ’n onopvallende deel van die mat om seker te maak die oplossing beskadig nie die kleur van die mat nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Raak ontslae van onderarmvlekke

Sweterige vlekke kan jou klere ruïneer. Red jou kledingstukke só en laat dit boonop so vars soos ’n bries ruik

Close