×
Skakel na Engels

Wend só selfverbruiner aan jou gesig

Dit kan intimiderende wees om selfverbruiners te gebruik, veral as jy dit aan jou gesig wil aanwend. Volg hierdie onfeilbare stappe vir ’n gesig wat blakend gesond sal lyk

 

 

 

Stap 1: Net soos in die geval met jou lyf, moet jy ook eers jou gesig afskilfer voordat jy die selfverbruiner aanwend. Gebruik ’n afskilferroom soos Clarins Gentle Exfoliator Brightening Toner.

  

Stap 2: Sit ’n grondboontjiegrootte druppel selfverbruiner op jou wange, neus, voorkop en ken. Skakeer dit goed in, veral rondom die haarlyn en kakebeen. Vermy die ooglede en wenkbroue wat oranje kan word. Probeer Clarins Self Tanning Instant Gel,Xen-Tan Face Tanner ofSisley Self Tanning Hydrating Facial Skin Care.

 

Stap 3: Was jou hande dadelik as jy klaar is. Gebruik ’n sagte reiniger en bevogtig die vel gereeld om die sonbruin langer te laat hou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vier fop-dieetkosse

Die voedingskenner Lisa Lillien waarsku jou oor vier kosse wat lyk of dit laag aan kilojoules is, maar dit is...

Close