Doen inkopies soos ’n New Yorker met Manhattan Ice Tea
WEN: Krediet om fantastiese modeartikels aanlyn te koop, én ’n inkopietog in New York vir twee ter waarde van R350 000.
HOE: Koop Manhattan Ice Tea wat op promosie is en vul die promosiekodes in op jou Shop Like A New Yorker-profiel. Jy sal Manhattan-dollars bymekaar maak wat jy kan gebruik om die produkte van handelsname soos Morgan Taylor, Nine West, Jimmy Choo en DKNY aanlyn te koop. Vir elke M$75 wat jy verdien, het jy ’n kans om die inkopietog te wen.
Armbande vir jou en jou beste vriendin met Amarula
WEN: Eksklusiewe goue en silwer-African Original-armbande van Jenna Clifford waarin halfedelgesteentes ingelê is vir jou en jou beste vriendin – ter waarde van R20 000 elk!
HOE: Koop die dubbelpak Amarula Cream wat met ’n tossel-armband (deur Wes-Kaapse vroue gevleg) verkoop word. Neem dan ’n selfie waarop jy die armband dra en laai die foto op Facebook op.
Stort jou hart uit met First Choice Custard
WEN: Twee romantiese reise vir twee op Suid-Afrika se ikoniese Bloutrein
HOE: Koop ’n promosiepak van First Choice Vanilla Custard en SMS jou besonderhede en die promosiekode aan First Choice (kyk op die verpakking vir besonderhede).
Bepalings en voorwaardes geld