×
Skakel na Engels

WEN twee nagte se verblyf vir twee in The View Boutique Hotel & Spa ter waarde van R9 000!

Een gelukkige leser kan twee nagte verblyf in The View Boutique Hotel & Spa wen met die komplimente van Goeie Huishouding en The View Boutique Hotel & Spa.
The View boutique hotel

Hierdie wonderlike prys kan die perfekte wegbreek wees waarvan jy gedroom het! The View Boutique Hotel & Spa op die hellings van Doonside aan die KwaZulu-Natalse Suidkus kombineer vyfster-luuksheid met die diens van die beste boetiekhotel.

The View Boutique Hotel & Spa het 41 elegant versierde, ruim kamers en suites wat gerieflik regdeur die eiendom geplaas is vir gaste se privaatheid. Dié luukse hotel het ook ’n bekroonde spa en ’n gimnasium met ’n hidro-bad, sauna en jaccuzi, asook ’n venue vir troues en ander geleenthede.

the view boutique hotel comp

Die hotel huisves die Diner’s Club-bekroonde restaurant Giorgio’s, wat fusie-styl-geregte met Italiaanse flair bied, en is versier met ’n eklektiese mengsel van houtvloere en kroonkandelare. Die Sugar Bar by die ontvangs het lekkers en koekies vir gaste om te geniet. Die kos én die uitsig sal beslis jou asem wegslaan!

The View Boutique Hotel

The View Boutique Hotel

Besoek www.hoteltheview.com vir nog inligting oor The View Boutique Hotel & Spa. Volg @TheViewBoutiqueHotelAndSpa op Facebook, @theviewboutiquehotel op Instagram en @theviewboutique op Twitter.

Hierdie fantastiese prys sluit die volgende in:

Twee nagte verblyf vir twee mense in een van die Grand Deluxe-suites, ontbyt ingesluit

Aandete albei aande vir twee mense (vaste menu, drankies uitgesluit) by Giorgio’s

Een massering vir ’n paartjie

Daaglikse gebruik van die Sugar Bar 

Gebruik van die stoomkamer en jacuzzi

Gebruik van die dektoks-flotteringswembad

Bepalings en voorwaardes:

Hierdie pakket is nie in spitstye beskikbaar nie.

Datums moet versoek word voordat by die hotel bespreek word.

Alle versoeke moet per e-pos na info@hoteltheview.com gestuur word. Geen bevestigings sal in telefoniese gesprekke gedoen word nie.

Een gelukkige leser kan twee nagte verblyf vir twee ter waarde van R9 000 in The View Boutique Hotel & Spa wen! Beantwoord net hierdie maklike vraag: 

VRAAG: Hoeveel elegant versierde, ruim kamers en suites het The Boutique Hotel & Spa?

SLUITINGSDATUM: 30 April 2018

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 3 geskenkpakke ter waarde van R2 490 elk met skoonheidsprodukte van Smittens en Wrinkles Schminkles!

Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n geskenkpak met skoonheidsprodukte van Smittens en Wrinkles Schminkles wen met die komplimente van Goeie...

Close