×
Skakel na Engels

Wen Skinderm-produkte en Vogue-sonbrille ter waarde van altesaam R8 000

Hierdie kompetisie is gesluit.
GHK_Skinderm Skinderm

Ons weet almal hoe belangrik dit is om ’n sonskermmiddel aan te wend om ons vel teen die son te beskerm, maar nog iets wat beskerming teen skadelike UV-strale nodig het, is ons oë. Te veel blootstelling aan die son kan ons sig en die vel rondom die oë beskadig en plooie en donker kringe veroorsaak. Jy moet selfs op bewolkte dae versigtig wees. Dis is noodsaaklik om ’n sonbril met UV-beskerming en ’n breërandhoed te dra om jou oë teen skadelike sonuitstraling te beskerm.

Maak Skinderm Derm Protect SPF 25 deel van jou daaglikse velsorgroetine. Hierdie breëspektrum-sonbeskermingsroom help om jou vel teen die skadelike uitwerking van UVA- en UVB-strale te beskerm en om sonskade en voortydige veroudering te keer.

Gee die vel om jou oë ’n bietjie ekstra vertroeteling met Skinderm se reeks oogsorgprodukte:

Skinderm Pure Eye + Lip Make-up Remover:

Hierdie sagte grimeringverwyderaar reinig die delikate oog- en lipgedeelte doeltreffend en verwyder alle tekens van grimering, selfs maskara. Dis vir alle veltipes geskik.

Skinderm Anti-ageing Eye + Lip Concentrate:

Hierdie verfermende oog-en-liproom help om die delikate oog- en lipgedeelte te bevog en om die velstruktuur te versterk om die voorkoms van lyntjies en plooie te verbeter. Dis vir alle veltipes geskik. 

Die Skinderm-reeks word as ’n kosmeseutiese produk geklassifiseer, wat beteken die aktiewe bestanddele werk op die dieper lae van die vel in. Die reeks is ’n eenvoudige samestelling van doeltreffende velgesondheidsprogramme met die nuutste wetenskaplike kennis wat op persoonlike velkwessies gemik is. Die newe-effek is merkbare resultate! Die reeks bestaan uit “Pure”-produkte vir reiniging, eliksers vir optimalisering en “Daily Diet” om te bevog en te hidreer.

Die unieke, kragtige Living Skin Complex reaktiveer vel wat onder omgewingselemente deurgeloop het en toon vinnig optimale resultate. Hierdie gespesialiseerde aktiewe middels is ongeëwenaard in die velbedryf met ’n direkte benadering tot die versorging van jou grootste orgaan. Vier gelukkige lesers kan elkeen ’n fantastiese geskenkpak ter waarde van R2 000 wen met vergunning van Skinderm en Goeie Huishouding!

Om ’n kans te hê om een van vier gelukkige lesers te wees wat elkeen ’n geskenkpak met Skinderm-produkte en ’n Vogue-sonbril wen, beantwoord die maklike vraag hier onder:

 

Vraag: As watter soort produk word Skinderm geklassifiseer?

Die kompetisie sluit op 31 Maart 2017.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief