×
Skakel na Engels

WEN ’n Spindel-droër ter waarde van R2 599!

Twee gelukkige lesers kan ’n Spindel-droër met vergunning van Goeie Huishouding en Spindel wen.

Die winter is om die draai, wat beteken dat jy binnekort sal sukkel om jou wasgoed vinnig droog te kry. Die Spindel-wasgoeddroër is ’n maklike en gerieflike oplossing vir jou wasgoedprobleme, veral in die koue wintermaande.

Jy het ’n Spindel nodig as jy …

1. Geld wil spaar

Die Spindel tol jou klere droog pleks van hitte te gebruik. Een Spindel-siklus gebruik 100 keer minder krag as ’n gewone tuimeldroër. As jy siek en sat daarvoor is dat jou klere in die droër krimp of beskadig word, kan jy nou gerus wees. Die Spindel werk sagkens met materiale en is ideaal vir delikate en wolklere.

2. Tyd wil spaar

Klere neem natuurlik langer om droog te raak op koue, nat wintersdae. Danksy Spindel kan jy jou klere baie vinniger droog kry as met ’n gewone tuimeldroër. En anders as tuimeldroërs gebruik Spindel wentelkrag pleks van hitte om tot 80% van enige oorblywende vog in klere binne slegs 3 minute te verwyder.

Die Spindel is in 4,5 kg- en 6,5 kg-modelle beskikbaar en dis kompak genoeg om dit in die kas weg te pak wanneer jy dit klaar gebruik het.

Kyk hierdie video om meer oor die Spindel-wasgoeddroër te leer:

Vir nog inligting oor die Spindel #LaundryLifesaver besoek www.spindel.co.za of gaan na @spindelSA se Facebook-blad. 

Jy kan een van twee gelukkige lesers wees wat ’n Spindel-droër ter waarde van R2 599 wen!

Beantwoord eenvoudig die maklike vraag hier onder: 

VRAAG: Hoeveel minder krag gebruik ’n Spindel-droër in vergelyking met ’n gewone tuimeldroër?

SLUITINGSDATUM: 31 Mei 2017

Hierdie kompetisie is gesluit.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN ’n Plush-skoensorg-geskenkpak ter waarde van R1 000!

Agt gelukkige lesers kan elkeen ’n skoensorg-geskenkpak van Plush ter waarde van R1 000 wen met vergunning van Goeie Huishouding...

Close