×
Skakel na Engels

Wen ’n luukse wegbreek vir jou en jou gesin ter waarde van R8 000!

Hierdie kompetisie is gesluit.
breedezicht

Een gelukkige leser kan vier nagte verblyf vir vier mense in Breedezicht Estate in Witsand wen met vergunning van Goeie Huishouding en Breedezicht Estate. Witsand, wat 300 km van Kaapstad af geleë is, was eens ’n bedrywige dorpie met ’n hawe waar stoombote goedere opgelaai het wat vir die Kaapstadse mark bestem was. Deesdae bied Witsand ’n verskeidenheid besienswaardighede, van ’n beroemde baken soos die Barry-gedenkkerk, wat in 1849 gebou is, tot skeepswrakke en ’n goedbewaarde hawetjie.

Die dorp is aan die mond van die Breërivier geleë en word beskou as een van die laaste onontginde plekke aan die Suid-Afrikaanse kuslyn. In hierdie versteekte juweel is Breedezicht Estate, ’n gehalte-ontwikkeling vir huiseienaars wat ’n leefstylbelegging wil hê.

Witsand huisves die die bedreigde Kaapse bergsebra en die kransaasvoël en het ’n ryk verskeidenheid fauna en flora. Met meer as 260 voëlspesies, die grootste konsentrasie van die bedreigde suidelike noorkapper en 3 000 ha onversteurde fynbos op sy drempel is hierdie ou vissersdorpie ’n belegger se droom. Die Breërivier is bekend as ’n visserman se toevlugsoord, met volop vis, van die gespikkelde knorder, steenbras, wit- en rooistompneus, leervis en rooiroman tot kabbeljou wat tot ’n indrukwekkende 50 kg weeg. Wil jy jou adrenalienvlakke ’n bietjie opjaag? Witsand word bestempel as een van die topvlieërvliegbestemmings in Suid-Afrika danksy die perfekte plat strandmeer, uitgestrektheid en natuurlik die kuswaartse suidooster in die somer en die westewind in die wintermaande. Beperkte infrastruktuur beperk verdere ontwikkeling in die pragtige dorpie, wat tot die eksklusiwiteit en beleggingswaarde van hierdie stukkie hemel op aarde bydra. Vir rustigheid en veiligheid hoef jy nie verder as Breedezicht Estate te soek nie.

Besoek www.breedezicht.co.za vir nog inligting oor Breedezicht Estate, of kontak Bruwer de Jager by 082 928 4743 of e-pos bruwer@breedezicht.co.za.

Jy kan luukse verblyf in die selfsorg- Breedezicht Estate aan die seekant vir jou en jou gesin wen. Al wat jy moet doen, is om die maklike vraag hier onder reg te beantwoord. 

Kompetisiereëls:

  1. Die prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  2. Bespreking is aan beskikbaarheid onderhewig en die prys is vir ses maande geldig vanaf die sluitingsdatum van die kompetisie.
  3. Die prys sluit vervoer na die bestemming, maaltye, drankies, telefoonoproepe en alle ander ekstras uit.

Vraag: Aan die mond van watter rivier is Breedezicht Estate geleë?

Sluitingsdatum: 28 Februarie 2017

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wen een van 10 stukke juweliersware van Shiroko

Hierdie kompetisie is gesluit.

Close