Een gelukkige leser kan ’n 800 W-Defy-versapper wen met vergunning van Defy en Goeie Huishouding! Ons weet almal hoe belangrik dit is om vars vrugte en groente te eet – dit verseker dat ons al die voedingstowwe inkry wat nodig is vir ’n gesonde lewe. Met die nuwe Defy-versapper is dit soveel makliker om ons gesin se gesondheid in stand te hou.
Die masjien het ’n swart-en-vlekvryestaal-afwerking met twee spoedverstellings, ’n afsonderlike pulp-opvanger (wat skoonmaak maklik maak), ’n veiligheidsknip, ’n ekstragroot 75 mm-voertuit, ’n skoonmaakborsel en glyvaste voetjies. Met die Defy-versapper kan jy eksperimenteer en pret met jou vrugte en groente hê.
Defy doen al langer as 111 jaar sake en is Suider-Afrika se grootste vervaardiger en verspreider van toonaangewende huishoudelike toestelle. Moenie hierdie wonderlike wenkans misloop nie – dis ’n gesonde hupstoot vir jou en jou gesin!
Besoek asseblief www.defy.co.za vir nog inligting.
Vraag: Wie is die grootste vervaardiger en verspreider van toonaangewende huishoudelike toestelle in Suider-Afrika?
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2017