×

Wen Engelsrufer-juweliersware ter waarde van meer as R4 000

Hierdie kompetisie is gesluit
engelsrufer

Twee gelukkige lesers kan juweliersware van Engelsrufer ter waarde van tot R8 000 wen

As jy aan beskermengele glo en op ’n meer nabye manier met hulle in aanraking kom, sal die eeue oue tradisie van die “Engelsrufer” (engelfluisteraar) jou help om jou engel te roep. Hierdie kosbare juweel is fyn en breekbaar soos ’n engel, maar beskik oor die krag om in elke situasie te help.

Die reeks bestaan uit ’n verskeidenheid klankkraletjies, elkeen met ’n unieke klank om spesifieke engele aan te roep. Die klankkraletjie is in 16 kleure beskikbaar en elkeen het ’n ander betekenis. Wit simboliseer briljante perfeksie, onskuld en reinheid; swart domineer die lig en is misterieus en elegant; groen simboliseer hoop, gesondheid, balans en eerlikheid; en rooi stel krag, vuur, passie en liefde voor.

Elke kraletjie het sy eie subtiele geluid en die delikate klokkies van die Engelsrufer roep jou beskermengel om jou teen alle gevare te beskerm. Kies jou kleure slim sodat jou spesiale engel al jou geheime wense kan bewaarheid. Die klankkraletjies kan apart gekoop en uitgeruil word.

Hierdie mistieke kraletjies word in ’n kralehouertjie gehou. Jy kan jou persoonlike stempel met engelvlerke en ander bykomstighede daarop afdruk.

Die stukke in die Engelsrufer-reeks maak lieflike geskenke vir spesiale geleenthede en dien as gelukbringers sodat geliefdes hul beskermengel kan vind en daarop kan vertrou.

Kettings, kralehouertjies en bykomstighede is in silwer, goud of roosgoud beskikbaar. Die klankkraletjies is beskikbaar van R399 tot R999, die kralehouertjies van R1 299 tot R4 299 en die hangertjies van R399 tot R4 499.

Besoek www.engelsrufer.co.za of “like” die Facebook-blad by Engelsrufer South Africa vir jou naaste handelaar.

 

 

Vraag: Wat skep die unieke klank wat die spesifieke engele aanroep?

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2017

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wen jou deel van R45 000 se Trollbeads-juweliersware

Hierdie kompetisie is gesluit

Close