×

Wen een van 10 stukke juweliersware van Shiroko

Hierdie kompetisie is gesluit.
shiroko kompetisie

Tien gelukkige lesers kan elkeen lieflike juweliersware wen met vergunning van Shiroko en Goeie Huishouding 

Shiroko gee verskeie stukke lieflike juweliersware aan 10 lesers weg in die maand van liefde.

Die volgende pryse kan gewen word:

  • 4 lesers kan ’n Shiroko Harmony Ball in ’n hoëgehalte- versilwerde hangertjie ter waarde van R468 wen.
  • 4 lesers kan ’n Shiroko Harmony Ball in ’n hoëgehalte- versilwerde hangertjie ter waarde van R756 wen.
  • 1 leser kan ’n sterlingsilwer-en-rodiumgeplateerde-toekniphangertjie gevul met swewende gelukbringertjies ter waarde van R2 100 wen.
  • 1 leser kan ’n sterlingsilwer-en-rodiumgeplateerde-toekniphangertjie gevul met swewende gelukbringertjies ter waarde van R3 120 wen.

Shiroko is ’n trots Suid-Afrikaanse handelsmerk wat liefhebbers van juweliersware die geleentheid gee om hul eie persoonlike stempel af te druk en hul individualiteit uit te druk deur uit Shiroko se reeks gelukbringertjies te kies.

Niks toon aandagtigheid en aandag aan detail soos ’n verpersoonlikte geskenk van Shiroko nie. Jy kan die perfekte kombinasie uit hul hangertjies kies en keur, wat in verskillende vorms en groottes beskikbaar is. ’n Groot verskeidenheid van hul kenmerkende swewende gelukbringertjies is beskikbaar, waaronder geboortestene, letters van die alfabet, syfers, sterretekens, diere, godsdienstige simbole en geluk-ikone. Die gelukbringertjies kan maklik bygevoeg of verander word om by jou persoonlike styl te pas. 

Die hele reeks word van rodium-geplateerde 925-sterlingsilwer van hoë gehalte met kunsstene geskep.

Vraag: In watter land is die Shiroko-handelsmerk gebore?

Sluitingsdatum: 14 Februarie 2017

Koop aanlyn of kry ’n voorraadhouer by www.shiroko.co.za

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vorm ’n band met jou baba voordat hy of sy gebore word!

Harmonieballetjies is ’n eeue oue manier om ’n band met jou baba te vorm terwyl hy of sy nog in...

Close