Tien gelukkige lesers kan elkeen ’n Lindt Lindor-geskenkpak wen met die komplimente van Goeie Huishouding en Lindt
Februarie is die maand van die liefde! Hoekom vier jy nie Valentynsdag met iets waaroor ons almal dol is nie – heerlike, dekadente sjokolade? En Lindt Lindor het al die geure wat jy moontlik kan begeer.
Lindt se Switserse meestersjokolademakers maak jou Valentynsdag ekstraspesiaal met hul uitbreiding van die Valentynsdag-sjokoladereeks. Nou kan jy smul aan die 17 onweerstaanbare melksjokoladetruffels in die nuwe 212 g-hartblik van Lindt Lindor.
Ander Valentynsdag-gunstelinge sluit die heerlike vars en dekadente Lindt Lindor Strawberries & Cream in. Hierdie hemelse witsjokolade-en-aarbei-truffels met ’n gladde smelt-in-die-mond-roomvulsel is in ’n 200 g-boks en ’n kleiner 37 g-boks met drie truffels beskikbaar – die perfekte ekstra saam met enige geskenk.
Die gewilde Lindt Lindor 50g-hartblik is elke jaar iets om na uit te sien en dit sal jou hart beslis oombliklik verower.
Besoek www.lindt.co.za vir nog inligting. Volg @LindtChocolateSA op Facebook en @LindtSA op Instagram.
Tien gelukkige lesers kan elkeen ’n heerlike Lindt Lindor-geskenkpak ter waarde van R1 000 wen!
Elke geskenkpak sluit die volgende in:
2 x 200 g Lindt Lindor-kornet met melksjokoladetruffels
2 x 200 g Lindt Lindor-kornet met Strawberries & Cream-truffels
2 x 200 g Lindt Lindor-kornet met verskeidenheid truffels
2 x 200 g Lindt Lindor-kornet met witsjokoladetruffels
1 x 160 g Lindt Lindor-hartboks
3 x 50 g Lindt Lindor-hartblik
2 x 37 g Lindt Lindor-pakke met drie melksjokoladetruffels
2 x 37 g Lindt Lindor-pakke met drie Strawberries & Cream-truffels
Beantwoord net hierdie maklike vraag vir ’n kans om te wen!
Vraag: Hoeveel onweerstaanbare melksjokoladetruffels is daar in die 212 g-hartblik van Lindor?
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2018
Hooffoto: iStock/Eva-Katalin