×

Wen 1 van 8 Trollbeads-krale en 1 van 2 Trollbeads-armbande

Hierdie kompetisie is gesluit
trollbeads

Wen een van agt Trollbeads-krale ter waarde van tussen R469 en R699 elk, en twee gelukkige lesers kan ook elkeen ’n gedraaide armband van Trollbeads ter waarde van tot R1 599 wen.

Trollbeads laat jou bykomstighede skep wat waarlik uniek aan jou is deur verskillende elemente by te voeg en weg te haal van hul aanpasbare reeks juweliersware. Die Spirit of Life-reeks sluit gefasetteerde krale in wat van natuurlike asuriet- en kalsietstene gemaak is, asook glaskrale in pragtige skakerings en silwerblomhangertjies. Dit maak nie saak hoe oud jy is of wat jou styl is nie, jy sal beslis ’n Trollbead kry wat tot jou spreek. Nature Unity, Soul of Sunshine, Chihuahua, Soul Flowers, Only One You, Nature Dream, Soul of Waves en Rise Together is ’n paar van die pragtige elemente wat Trollbeads bied.

En nou het jy ’n kans om krale-elemente van hul Spirit of Life-reeks te wen. Ons gee agt verskillende krale weg, en twee gelukkige lesers kan ook aan die einde van die kompetisie treffende gedraaide armbande van die Spirit of Life-reeks wen. Skryf dus vandag in! Verskaf die naam van die kraal waarvan jy die meeste hou vir ’n kans om te wen.

 

Sluitingsdatum: 31 Desember 2016

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Geskenke van generasie tot generasie

Trollbeads is ’n handelsmerk vir versameljuweliersware wat ontwerp is om aandenkings te word wat alle generasies kan geniet.

Close