×
Skakel na Engels

WEN 1 van 3 geskenkpakke ter waarde van R2 490 elk met skoonheidsprodukte van Smittens en Wrinkles Schminkles!

Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n geskenkpak met skoonheidsprodukte van Smittens en Wrinkles Schminkles wen met die komplimente van Goeie Huishouding en Wrinkles Schminkles
Wrinkles Schminkles

Is jy op soek na ’n vinnige en pynlose manier om jou vel te reinig en van plooie ontslae te raak? Die Smart Mitten is die ideale gereedskap om grimering te verwyder en jou vel te reinig, terwyl die Wrinkles Schminkles Chest Smoothing Kit jou oplossing vir ’n plooilose vel kan wees.

Die Smart Mitten van Smittens is ’n mikroveselhandskoen wat spesifiek ontwerp is om jou vel binne sekondes te diepreinig – gebruik net louwarm water. Dit masseer die vel om dooie velselletjies en onsuiwerhede te verwyder, en die handskoen trek dit aan. Die handskoen bestaan uit baie fyn vesel van 80% poliëster en 20% poliamied wat deur selfs die kleinste deeltjies van olie, vuiligheid en bakterieë op die vel dring. Die Smart Mitten is ideaal om grimering te verwyder en kan met ’n reiniger gebruik word.

Die Wrinkles Schminkles Chest Smoothing Kit bevat ’n kussinkie van mediese-graad-silikoon. Dié kussinkie is ontwerp om op die teikendeel aangewend te word voordat jy gaan slaap en werk terwyl jy slaap om jou vel glad te stryk, te hidreer en plomp te maak. Wanneer jy dit die volgende oggend aftrek, sal jou vel sigbaar gladder wees. Die plasing van die kussinkie – asook die eienskappe van die silikoon self – keer dat die vel kreukel en dus plooie vorm.

Silicone pad

Die Morning After Glow-serum keer veroudering met ’n kragtige mengsel van plooibevegtende antioksidante, vitamiene en essensiële vetsure en sal jou vel gloeiend laat lyk.

Die Cleaning Solution is spesifiek geformuleer om die Wrinkles Schminkles-silikoonkussinkie te reinig en langer te laat hou.

Hierdie Wrinkles Schminkles-produkte is aanlyn in Suid-Afrika beskikbaar by www.bezbora.co.za. Net in Maart kan jy R100 afslag kry wanneer jy meer as R500 bestee. Vul net hierdie kode in: MARCH100

Besoek www.bezbora.co.za vir nog inligting oor Wrinkles Schminkles.

Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n geskenkpak ter waarde van R2 490 met skoonheidsprodukte van Smittens en Wrinkles Schminkles wen! Beantwoord net hierdie maklike vraag:

Vraag: Wat is die naam van die aanlyn webwerf waar jy Wrinkles Schminkles in Suid-Afrika kan koop? 

Sluitingsdatum: 30 April 2018

Hooffoto: iStock/Sofia Zhuravets

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN een van 10 OneDayOnly-koopbewyse ter waarde van R1 000!

Tien gelukkige lesers kan elkeen ’n R1 000-koopbewys van OneDayOnly wen met die komplimente van Goeie Huishouding en OneDayOnly

Close