×
Skakel na Engels

Wees slim

Jy kan beter en slimmer werk met goeie higiëne in die werkplek

 

 

Dr Kgosi Letlape van die Wêreldraad oor Higiëne sê dis onmoontlik en onrealisties om jou werkplek heeltemal kiemvry te maak, maar daar is ’n paar basiese voorsorgmaatreëls wat jy kan tref om te keer dat jy siek raak, soos hier onder uiteengesit.

 

 

Kieme op jou lessenaar

 

Het jy geweet?

 

Daar is ’n skrikwekkende 10 miljoen kieme per vierkante duim op die gemiddelde lessenaar en meer as 25 000 kieme per vierkante duim op jou foon. Jou toetsbord het meer as 3 000 kieme en jou muis meer as 1 600 kieme per vierkante duim, terwyl die gemiddelde toiletsitplek maar 49 kieme per vierkante duim het.

 

 

Gebruik jy openbare vervoer om by die werk te kom?

 

As jy openbare vervoer gebruik, kan jou daaglikse ritte jou aan baie kieme van ander mense blootstel, asook op oppervlakke soos handrelings waaraan baie mense vat. Die aantal mense wat openbare vervoer gebruik, saam met die gebrek aan vars lug in ’n ingeslote ruimte beteken mense se kieme kan maklik versprei. Was jou hande sodra jy by die kantoor kom.

 

 

Vinnige wenke vir goeie higiëne in die werkplek

 

  • Was jou hande gereeld met seep en water of gebruik ’n handreiniger voordat jy aan kos vat of nadat jy die toilet gebruik of geld gehanteer het,
  • Bly by die huis wanneer jy siek is sodat jy nie ander mense aansteek nie.
  • Bedek jou neus en mond met ’n snesie wanneer jy nies of hoes. Gooi die snesie dan weg en was jou hande.
  • Maak seker gedeelde koppies, glase, borde en eetgerei is skoon voordat jy dit gebruik.
  • Hou jou werkstasie skoon en sonder kosoorblyfsels.
  • Was jou hande met higiëneseep en droog dit sorgvuldig met ’n skoon handdoek af voor en ná kosbereiding en nadat jy die toilet gebruik het. Hoe lank jy was, is ook belangrik. Die aanbevole tyd wat jy aan handewas moet bestee, is 20 sekondes.

 

Inligting met vergunning van Dettol, wat ’n omvattende reeks produkte vir handhigiëne, oppervlakreiniging, persoonlike sorg en bad het.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief