×
Skakel na Engels

Weeklikse maaltydplan met hoender – en ’n ietsie ekstra

Dis maklik, dis bekostigbaar, dis heerlik, dis hoender. Hier is ’n maaltydplan met hoender as die hoofbestanddeel om te verseker dat almal se magies vol is
Weeklikse maaltydplan met hoender

Maandag

Hoender en noedels met ’n neutgeur

nutty-chicken-noodles.jpg

’n Vinnige, maklike maaltyd wat lekker smaak is ideaal vir enige werkende ouer. Hierdie hoender-en-noedelgereg met grondbone en koljander neem net ’n paar minute om te berei en kan met enige soort noedels (selfs twee-minute-noedels) gemaak word.

Hier is die resep

Dinsdag

Hoender-en-spinasieroerbraai met gemmer

gingery chicken with fried rice

Probeer hierdie maklike, gesonde hoender-en-spinasieroerbraai met gemmer. Dit word met vellose hoenderdye en heilsame spinasie gemaak. Vir ’n selfs gesonder gereg, vervang die kanola-olie deur klapperolie, of laat die olie heeltemal uit en gebruik ’n bietjie water in die plek daarvan. 

Kry die resep hier

Woensdag

Geroosterde hoender met romesco-sous

Grilled Chicken Romesco

Hier is nog ’n gesonde opsie. Dié hoendergereg met romesco-sous bevat amandels, sjerrie-asyn en groenbone. Maak seker daar is genoeg van die romesco-sous, want jy sal dol daaroor wees. Die wilderys-pilaf kan maklik deur enige rys gemeng met kruie vervang word, of gebruik koeskoes.

Hier is die resep

Donderdag

Soetsuur hoenderdye met gebraaide rys

Voeg ’n soetsuur smakie by jou week met hierdie resep vir soetsuur hoenderdye met gebraaide rys. As jy minder stysel wil eet, vervang die gebraaide rys deur blaarslaai of maak blomkoolrys (vir die Banters).

Kry die resep hier

Vrydag

Pikante hoender-en-boontjiegereg

chicken and chilli bean

Gee jou week ’n bietjie skop, net betyds vir die naweek, met hierdie pikante hoender-en-boontjiegereg. Jy kan vars rissies byvoeg of dit net bo-oor sprinkel. Onthou, party mense hou van net ’n bietjie byt, en ander verkies dit wárm.

Hier is die resep

Saterdag

Hoender-en-beetslaai

chicken-orange-beetroot-salad_charlie-richards

Hierdie kleurryke hoender-en-beetslaai is ideaal vir ’n ligte Saterdagmiddagete. Dis gesond én smaaklik en bevat heuning, lemoene, beet, grasuie en gemengde groen blaargroente – ook ideaal vir ’n bykos.

Kry die resep hier

Sondag

Geroosterde Jerk-hoender

roasted-chicken

Daar is geen beter tyd vir geroosterde hoender as op ’n Sondag saam met geliefdes nie. Maak hier geroosterde Jerk-hoender met lemmetjiesap en sprietuie hierdie Sondag. Die resep bevat bestanddele vir nie een nie, maar twee hoenders. Perfek.

Hier is die resep

’n Ietsie ekstra

Hoenderkebabs met sjokolade-en-rissiesmeer

Chicken-Kebabs-with-Chocolate-Chilli-Spread

Hierdie kebabs is perfek as ’n voorgereggie by ’n braai, as ’n peuselhappie of selfs as ’n maaltyd saam met botterskorsie en groenbone. Jy sal beslis hierdie resep vir hoenderkebabs met sjokolade-en-rissiesmeer by jou resepteboek wil voeg.

Kry die resep hier

LEES OOK:

Het jy ’n ongesonde verhouding met kos?

Wat die wit strepies op ’n hoenderborsie beteken …

Hoe om te weet hoe warm ’n brandrissie is

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Eet dít vir minder stres

Om kosse te eet wat jou rustiger maak, is ’n lekkerder alternatief vir diep asemhaling en stresballe.

Close