×
Skakel na Engels

Wat verklap jou naels van jou gesondheid?

Laat jou vingers die praatwerk doen
neals

Die toestand van jou naels is ’n taamlike akkurate weerspieëling van jou algehele gesondheid. Lees hier om uit te vind of jy rede tot kommer het.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Bros naels

Bros naels kan die gevolg van skottelgoedwas of blootstelling aan skerp chemikalieë soos naelpolitoerverwyderaar wees, maar dit kan ook op voedingstekorte of veroudering dui. As jou eetpatroon nie verander het nie en jy eenvoudig meer skottelgoed as gewoonlik was, is daar ’n eenvoudige oplossing. Maak ’n gewoonte daarvan om onmiddellik nadat jy jou hande gewas het, ’n voedende hand- en naelroom aan te smeer. Kies ’n room wat met vitamien E-ekstrak verryk is. 

Duikies

Klein, ronde holtes in naels word invreting (pitting) genoem. Dit kan deur psoriase veroorsaak word, ’n veltoestand wat opgehewe rooi knoppies of ’n laag wit vlokkies op die vel veroorsaak. Dit kan ook ’n effek van alopesie areata wees, ’n outo-immuun-tipe haarverlies wat gewoonlik op die kopvel aangetref word, maar ook op die lyf kan voorkom. Alhoewel psoriase ongeneeslik is, kan die simptome behandel word. As die duikies nie deur ’n stamp op jou naels of fisieke aktiwiteit veroorsaak is nie, behoort jy jou dokter te gaan sien om enige ander gesondheidsprobleme uit te skakel.

Verdikking en verkleuring

Volgens mayoclinic.com is die drastiese verkleuring en verdikking van naels ’n moontlike teken van nier- of lewersiektes, hart- en longtoestande, en anemie of diabetes. Wit naels is gewoonlik ’n teken van natuurlike veroudering en is dus nie groot rede tot kommer by ouer vroue nie, maar as jy ’n dramatiese verandering in jou naelkleur opmerk, moet jy liefs so gou moontlik by jou dokter uitkom.

FOTO: iStock/gilaxia

LEES OOK:

Vyf maklike maniere om geel vlekke van jou naels te verwyder

Hou só op om jou naels te kou

Hoe om jou hande jonger te laat lyk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere om ’n “ontbytmens” te word

Begin jou dag reg!

Close