×

Wat om vir jou somervakansie te pak

Van ’n luilekker strandvakansie tot ’n avontuurlustige kampwegbreek, dís wat jy vir jou somervakansie moet inpak
somer safari

 

Ons weet vakansiebeplanning kan stresvol wees – van seker maak dat die vliegkaartjies bespreek is tot reisversekering uitneem en om te sorg dat almal hul paspoorte het en die nodige inentings gekry het. Die laaste ding waaroor jy jou dus wil bekommer, is wat jy tydens jou somervakansie gaan aantrek.

 

www.frockadvisor.com

www.frockadvisor.com

 

Hier is ons lys van vakansienoodsaaklikhede vir:

1. ’n Strandvakansie:

Dit klink dalk voor die hand liggend, maar jy sal verbaas wees oor hoe dikwels mense vergeet om hul swembroek te pak! En sonkerm, sonskerm, sonskerm: Ons kan dit nie genoeg beklemtoon nie. ’n Sonbruin vel is nie die risiko werd om jou vel te verbrand nie! En moenie jou lipsalf en sonbril vergeet om skade teen UV-strale af te wend nie. Gryp ’n strandsak en plakkies en jy’s gereed vir ’n luilekker somervakansie.

beach

 

2. ’n Kampvakansie:

Gerief is noodsaaklik hier, want om op ’n opblaasmatras te slaap en jou water op ’n kampvuur te kook is so ongerieflik as kan kom! ’n Sweetpakbroek en tekkies is twee goed waarsonder jy nie die huis wil verlaat nie. Hoewel dit bedags bloedig warm kan wees (NB: Bring ’n pet!), kan dit saans in die wildernis onverwags koud raak. Moet dus nie ’n warm baadjie vergeet nie.

camping

 

3. ’n Safari:

Kamoeflering-, neutrale en taankleure is alles tipies van safarimode. Dra ’n skilpaddopsonbril en oulike sandale daarby vir ’n bietjie meer glans. Jy gaan die meerderheid van die dag in die Afrika-son deurbring en waarskynlik op ’n oop safarivoertuig – ’n hoed is dus ’n moet!

safari

 

4. ’n Bootvaart:

Al wat jy basies nodig het, is ’n vloerlengtekaftan om oor jou swembroek te dra, ’n groot hoed en ’n oorgroot sonbril om nie net glansryk te lyk nie, maar ook teen die son beskerm te wees. Rond dié voorkoms met ’n paar mooi espadrilles af.

cruise

Nou is jy gepak en gereed om met vakansie te gaan, en al wat oorbly, is om te ontspan!

Lees nog oor mode.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 klassieke handsakstyle

Daar is geen groter belegging vir jou klerekas as ’n handsak waaroor jy altyd dol sal wees nie

Close