×
Skakel na Engels

Wat om te verwag wanneer jy ’n ouer verloor

Dié vyf fases van rou volg gewoonlik op die dood van ’n geliefde, en dit kan in enige volgorde voorkom

grief

Die Switsers-Amerikaanse psigiater Elisabeth Kübler-Ross, wat pionierswerk oor naby-doodservarings gedoen het, se kundigheid bly ’n uitstekende verwysing vir mense wat verlies moet hanteer. Haar boek On Death And Dying (Scribner), wat die eerste keer in 1969 gepubliseer is, beskryf die vyf fases van rou, en dis nie soseer raad wat sy uitdeel nie, maar sy bekragtig en bevestig eerder gevoelens:

 

1. Ontkenning.

Baie kinders gebruik al hul energie in die eerste fases van rou in die hoop dat hul siek ouer nie sal sterf nie, of hulle probeer ’n logiese verklaring vir ’n skielike dood vind. Dis ’n algemene vorm van emoionele selfbeskerming.

 

2. Woede.

Die onafwendbare woede-fase is vol vrae, wat gewoonlik met die vraag “Waarom?” begin.

 

3. Onderhandeling.

Die raaisel van onderhandeling, terwyl jy eintlik niks het om oor te onderhandel nie, kan ’n intense aspek van die rouproses wees. Dis nie veel anders as ontkenning nie: “As hy/sy gesond word, sal ek hom/haar nooit weer as vanselfsprekend aanvaar nie …”

 

4. Depressie.

Dis ’n baie moeilike tyd vir die mense na aan die oorledene. Selfs ’n lewensmaat, kinders, suster, vriende en kollegas kan begin om hul geduld te verloor. Daar kan skuldgevoelens wees, en daar is geen maklike pad hierdeur nie, behalwe met daardie wonderlike heler van alle tye – tyd – en talle gesprekke.

 

5. Aanvaarding.

Sommige volwasse kinders wat ’n ouer verloor het, sê hulle vind die vooruitsig van aanvaarding amper onmoontlik, en hulle verkwalik mense wat meen hulle moet aangaan met hul lewe. Maar aanvaarding hoef nie koud en klinies te wees nie. Die ideaal is om weer die lewe te omhels – die huidige lewe wat jou steeds omring en ondersteun, en ook die lewe wat jy verloor het.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief