×
Skakel na Engels

Wat om op Menseregtedag 2017 in Kaapstad te doen

Geniet Menseregtedag saam met jou gesin met ’n keur van aktiwiteite in en om Kaapstad
Wat om op Menseregtedag 2017 in Kaapstad te doen

In 1994 is Menseregtedag, die 31ste Maart, as ’n openbare vakansiedag ingestel. Hierdie dag dien as ’n herdenking van die Sharpeville-slagting sowel as ’n viering van Mzansi se unieke basis, wat aan alle burgers gelyke regte gee. Hier is vier aktiwiteite wat in en om Kaapstad aangebied word.

1. Kom kuier by die Nasionale Galery 

Op Menseregtedag is toegang tot al die Iziko-museums (buiten die Groot Constantia-herehuis, die Planetarium en die Kasteel van Goeie Hoop) gratis. Daar is ook ’n opwindende kultuurprogram wat tussen 10:00 en 18:00 by die Suid-Afrikaanse Nasionale Galery aangebied word. Vir meer inligting, besoek Iziko se webwerf.

KOSTE: Gratis

2. Raak snoesig onder die sterre

Trakteer jouself met ’n uitstappie na Hillcrest Quarry om Galileo Open Air Cinema se vertoning van die 1999-trefferrolprent Fight Club met Edward Norton en Brad Pitt te kyk. Geniet ’n aandjie uit waar daar ook boetiek-eet- en -drinkgoed verkoop sal word. Toegang is vanaf 18:00 wanneer jy vir jou ’n plek kan uitkies en ’n aand onder die sterre geniet. Kaartjies kan via Webtickets gekoop word en wissel tussen R79 en R159.

Let asseblief op: GEEN alkohol van enige aard sal by Hillcrest Quarry toegelaat word nie en sakke sal deurgegaan word.

KOSTE: Standaardtoegang (R79) tot BBP-toegang (R159)

3. Kom deel in die Cape Epic

Wees een van die duisende toeskouers wat fietsryers vanaf die Meerendal-wynlandgoed in Durbanville tot by die Val de Vie Landgoed in die Paarl ondersteun. Die wedren het op Sondag 19 Maart begin en eindig op Sondag 26 Maart 2017. Gaan maak dus ’n draai by Val de Vie en geniet die lieflike landgoed terwyl die professionele atlete dit uitwoed. Besoek die amptelike webwerf vir meer inligting. 

KOSTE: Gratis 

4. Word een met die natuur en musiek

Geniet ’n middag teen die hange van Tafelberg en luister na die kontemporêre rock-klanke van die treffergroep Just Jinger by die Kirstenbosch Summer Sunset-konserte. Dit is een van die laaste konserte vir hierdie seisoen, so maak seker dat jy nie hierdie een op Menseregtedag misloop nie! Pak jou piekniekkombers en -mandjie in vir ’n uitstappie na die botaniese tuin en geniet alles wat plaaslik is. Kaartjies kan op Webtickets gekoop word en wissel tussen R125 en R165.

KOSTE: Onder-21’s (met ID): R125; volwassenes: R165

FOTO: iStock/LuckyBusiness

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Belangrike raad vir Menseregtedag

Wat jy jou kinders en diegene romdom jou regtig behoort te leer

Close