×
Skakel na Engels

Wat om met jou hond te maak wanneer jy met vakansie gaan

Jy het gevra: ‘Ek gaan die vakansie vir twee weke weg, maar iemand moet na my hond omsien. Wat is my opsies?’

 

 

En ons het geantwoord:

Tradisionele opsies sluit ’n honde- hotel of huisoppasser in. Dis uiters belangrik dat jy die persoon vertrou in wie se sorg jy jou hond gaan los.

Doen jou huiswerk oor dierehotelle. Lees aanlyn-resensies en, as jy tyd het, besoek die plek om seker te maak jou hond sal genoeg kos, ruimte vir hardloop en ’n warm slaapplek hê.

Bespreek enige spesiale behoeftes met die eienaars van die plek, veral as jou hond van baie interaksie hou, ’n afgesonderde gebied nodig het of spesiale kos eet. En lees die fynskrif.

As jy ’n huisoppasser wil kry, vra verwysings en maak eers ’n paar oproepe om by vorige gesinne te hoor of hulle tevrede was met die versorging wat hul diere gekry het.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 maniere om te keer dat jy in die vakansie gewig optel

Hê dié vakansie die maksimum pret en beperk gewigstoename tot die minimum Deur Sari Harrar

Close