×
Skakel na Engels

Wat jy moet weet wanneer jy jou kinders ontwurm

Wat jy moet weet wanneer jy jou kinders ontwurm. Lees hoe wurms die liggaam binnekom, wat die simptome is en hoe om hulle te behandel
ontwurm

 

Die nuwe skooljaar het begin en hoewel jy daarop ingestel is om jou kinders gesond te hou, het jy dalk van ‘n algemene sondaar vergeet wat ‘n magdom probleme kan veroorsaak – wurms. Lees meer oor die oorsake en simptome en hoe om van hulle ontslae te raak.

1. Hoe kom wurms die liggaam binne?

Daar is verskeie maniere waarop wurms na die menslike liggaam oorgedra kan word waar hulle dan manifesteer en van jou weefsel leef. (Grillerig maar waar!) Hier is die algemeenste maniere waarop wurms die liggaam kan binnekom:

  • Om kaalvoet op gras, strande, grond of ander besmette plekke te loop. 
  • Om besmette vrugte, groente of rou vleis of vis te eet.
  • Om vrugte en groente met besmette water te was.
  • Oordrag vanaf diere (veral huisdiere) na mense.
  • Om nie ordentlik hande te was ná ‘n besoek aan die toilet nie.
  • Oordrag deur die lug wat ons inasem. 
  • Parasiete wat deur ander insekte soos vlooie, vlieë en muskiete oorgedra word. 
  • Kontak met besmette grond of sand.

2. Wat is die simptome van ‘n wurminfestasie in die menslike liggaam?

Sodra die wurm ingeburger is en op sy gasheer teer, sal hy sy eie sekresie in die menslike liggaam uitskei. Hy sal van die weefsel in die liggaam bly leef en die liggaam van noodsaaklike voedingstowwe beroof. (Weer eens grillerig, maar belangrik om te verstaan!) Hierdie proses sal gesondheidsprobleme veroorsaak. Wurms kan vir ‘n tyd lank in gashere lewe voordat enige simptome verskyn. Wees op die uitkyk na die volgende simptome by kinders:

  • Wurms in stoelgang.
  • Chroniese moegheid, prikkelbaarheid en onderbroke slaap.
  • Verlies aan aptyt.
  • ‘n Anale gejeuk, veral snags.
  • Onverklaarbare hardlywigheid, diarree of ander spysverteringsprobleme.
  • Erge maagpyn.
  • ‘n Dowwe, onverklaarbare pyn in spiere en/of gewrigte.
  • ‘n Fluitende hoes.
  • ‘n Verlies aan eetlus of, in sommige gevalle, onversadigheid ná ‘n maaltyd. 

3. Ontwurming: wat om te doen

Jou kinders, troeteldiere en jou hele gesin behoort minstens elke ses maande ontwurm te word om infestasie te voorkom. Indien jy vermoed dat jou kind wurms het, moet die simptome deeglik gemonitor word. ‘n Oor-die-toonbank-middel behoort van die aaklige parasiet en simptome ontslae te raak. Jou apteker sal die regte ontwurmingsmiddel vir die spesifieke soort wurm aanbeveel. 

 

Foto: iStock/Paul Bradbury

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wanneer geboortevlekke op babas en kinders ‘n bekommernis is

'n Onverklaarde geboortevlek kan vir ouers 'n bron van kommer wees. In die meeste gevalle is hulle baie algemeen en...

Close