×
Skakel na Engels

Wat jy móét hê om mee tuin te maak

Die vier H’s van tuingereedskap

Of jy net onlangs die vreugdes van tuinmaak ontdek het of lankal ’n hand vir ’n plant het, hier’s vier basiese stukke gereedskap wat jy nodig het om jou tuin aan die groei te kry.

 

Handskoene

Kaal hande is die beste, maar gebruik handskoene as jy beskerming nodig het teen plante met dorings of die soorte wat velirritasies kan veroorsaak.

 

Handskoffel

Dié dubbeldoelige item met die plat skoffel aan die een kant en getande rande aan die ander kant kan gebruik word om onkruid uit te skoffel, gate vir nuwe plantjies te grawe en die grondoppervlak gelyk te skraap.

 

Handsnoeiskêr

Dis onont beerlik om blomme mee af te sny, houtagtige kruie gelukkig te hou en daardie klein, harde takkies mee by te kom. Die gewildste soorte is die veeldoelige snoeiskêre met geronde lemme wat amper soos ’n papegaai se snawel lyk. Kies een met ’n veiligheidsmeganisme wat die handvatsels toe hou as dit nie gebruik word nie.

 

Handtroffel

Hierdie is een van die nuttigste stukke tuingereedskap vir takies soos die spit van kleiner gate, die meng van kompos en kunsmis en die verplanting van plante. ’n Gepunte troffel is geskik om gate te grawe; een met ’n geronde punt maak dit kinderspeletjies om grond mee te skep.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jennifer Hudson se dieetwenke

Die ster deel haar geheime oor gesond eet én ’n persoonlike afrigter verduidelik hoe jy haar raad vir jóú kan...

Close