×
Skakel na Engels

Wat jou slaapposisie van jou sê

Jou slaapstyl kan baie onthul oor watter soort mens jy is
sleeping

 

Sleeping_positions_afr

Image Source

 

Het jy al ooit gewonder hoekom sommige mense opgekrul in ’n bal slaap, terwyl ander met hul arms en bene oor die bed uitgesprei lê? Nie?
Wel, selfs al het jy waarskynlik nog nooit veel gedink oor die manier waarop jy aan die slaap raak nie, kan jou slaapposisie baie oor jou persoonlikheid verklap. Kry jou slaapstyl hier onder en kyk na die persoonlikheidskenmerke wat daarmee geassosieer word – maak dit sin?

 

Die soldaat

Op jou rug met jou bene reguit en jou arms langs jou sye

Die soldaat is geneig om stil en gereserveerd te wees. Die persoon is bekend vir sy/haar hoë standaarde en verwagtinge.

Die seester

Op jou rug met jou arms en bene uitgestrek

Die seester is ’n goeie luisteraar en maak maklik vriende, maar hou nie daarvan om die middelpunt van belangstelling te wees nie.

Die stomp

Op jou sy met jou bene reguit en arms regaf

Die stompslaper is gesellig en het ’n sorgelose persoonlikheid, maar kan by tye hardekop en onversetlik wees.

Die smagter

Op jou sy met bene reguit en arms uitgestrek

Die smagter is oor die algemeen ywerig en oop vir nuwe dinge, maar kan ’n bietjie sinies en agterdogtig wees.

Die fetus

Opgekrul aan die kant en hou die kussing vas

Fetusslapers kan taai aan die buitekant voorkom, maar is eintlik warm en sensitief. Hulle is ook baie georganiseerd.

Die vryvaller

Op jou maag met jou kop gedraai en arms op die kussing

Vryvallers is geneig omselfversekerd te wees, maar senuagtig. Hulle kan vinnig besluite neem, maar hanteer nie kritiek goed nie.

MEER OOR SLAAP

Wat om te eet om beter te slaap

Hoeveel slaap het almal nodig?

5 vreemde goed wat met jou gebeur terwyl jy slaap

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 natuurlike slaapaanhelpers

Jou kulgids vir ’n goeie nagrus

Close