×
Skakel na Engels

Wat jou maat se hande van sy persoonlikheid verklap

Navorsers onthul ’n maklike manier om meer van jou maat te leer

Probeer dié eksperiment: Vra jou maat om sy hande voor jou uit te steek. Kyk of sy ringvingers langer as sy wysvingers is.
As die antwoord ja is (dis gewoonlik omdat daar meer as die normale hoeveelheid testosteroon in die baarmoeder was) kan jy jouself as gelukkig beskou. Mans wie se ringvingers langer as hul wysvingers is, is ouliker en gawer teenoor vroue, soos in die navorsingjoernaal Personality and Individual Differences berig is.

Volgens dié studie is hierdie mans meer “tegemoetkomend” en word hulle as minder “skoorsoekerig” beskryf. Dr. Debbie Moskowitz, die studieleier, sê dié mans is ook geneig om meer komplimente uit te deel en minder sarkasties te wees – klink na ’n wen-kombinasie!

Maar wat maak dié mans so anders? Moskowitz sê says ons ervaringe in die baarmoeder kan ons brein se samestelling beïnvloed, wat ’n lewenslange invloed op ons gedrag kan hê. Die steroïedhormone, of androgene, wat vir mans se karaktereienskappe verantwoordelik is, beïnvloed ook senuweeformasies.

Dankie, wetenskap! Is dit nie lekker om te weet dat jou verhouding in goeie hande is nie?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
HiFi Corp-uitverkoping

Binnebly totdat die weer opklaar? Belê in luidsprekers van goeie gehalte by hierdie uitverkoping   LUIDSPREKERSORG 101 Hou vry van...

Close