×

Wat jou hare nodig het om op hul beste te lyk

Gee jou hare die nodige voeding deur weerklikse behandelings te gebruik.
hare nodig het

 

As jy bros, droë of beskadigde hare het, is dit belangrik om dit die nodige voeding te gee sodat dit van wortel tot punt kan herstel.

Hormone, stileerprodukte, hitteskade en daaglikse blootstelling aan die son speel alles ‘n rol in die toestand van jou hare. Sjampoe en opknapper is op sigself nie altyd genoeg om hare die intensiewe en diep voedende sorg te gee wat dit nodig het nie. Behandelings en maskers verskil van gewone opknappers in die sin dat die vlakke van die kondisionerende bestanddele verhoog is. Dit bevat ‘n hoër konsentrasie vetsure en lipiede wat help om vog terug te plaas en hare te beskerm. Een haarmasker pas natuurlik nie by alle haartipes nie; dus het ons die regte behandeling vir jou haartipe gekies.

 

Kleurbehandelde hare

Gekleurde hare breek makliker en is meer vatbaar vir droogheid en skade. Kies ‘n masker of behandeling wat bevogtig en die kleur teen uitwas beskerm.

 

Krullerige hare

As jy krulhare het, kies ‘n masker wat kroeshare beheer en help om koeke sagkens uit te haal.

 

Droë hare

Droë of growwe hare het voeding en bevogtiging nodig. Produkte met olies sal dowwe hare nuwe lewe gee.

 

Fyn hare

Liggewig-maskers is ‘n goeie keuse vir fyn hare aangesien swaar produkte nie op hierdie tipe hare gebruik moet word nie. Fyn hare is dikwels bros, dus stel ons voor dat jy ‘n masker kies wat jou hare van binne af versterk.

 

Wenke wanneer maskers en behandelings aangewend word:

1. Maskers en behandelings behoort een maal ‘n week gebruik te word om te verseker dat jou hare die nodige vog opneem.

2. Tensy anders aangedui, is dit altyd die beste om produkte op droë hare aan te wend en 20 minute te wag terwyl die produk geabsorbeer word.

3. Kam die masker met ‘n breëtandkam deur jou hare om seker te maak dat dit eweredig versprei word.

4. Gee ekstra aandag aan jou haarpunte aangesien dit gewoonlik die meeste voeding nodig het.

 

Ons beveel aan:

 

hair Product

Olea Maschera Mask

Hair Product

Moroccanoil Treatment

Hair Product

Kevin.Murphy RE.STORE Repairing Cleansing Treatment

Hair Product

label.m Therapy Rejuvenating Mask

Tangle Teezer

Tangle Teezer Compact Styler

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 wenke vir pragtige etniese hare

Volg hierdie stileerwenke oor hoe om jou etniese hare pragtig en gesond te hou.

Close