-
VOL KUIF
Jy hou van pret en lag – trouens, mense komplimenteer jou gereeld oor jou glimlag! Wanneer jy egter iets met mening aanpak, het jy ’n ambisie wat nie bevredig kan word totdat jy elke enkele van jou doelwitte behaal het (en jou aantal ongeleesde e-posse deurgewerk het) nie. Jy wens haartutoriale op Pinterest was net ’n bietjie makliker om te volg.
-
ONGELYKE MIDDELPAADJIE
Jy is toegewy aan jou werk en gesin, maar jy is ook baie buigsaam in veranderende omstandighede en kry komplimente vir jou aanpassingsvermoë. Mense is van nature tot jou aangetrokke danksy jou vriendelike persoonlikheid en sorgelose houding. Jy sukkel met parallel-parkering, maar is uitstekend met groep-karaoke.
-
AAN DIE REGTERKANT
Jy beskou jouself as meer emosioneel sensitief en empaties as die meeste mense, en jou sorg graag vir die mense rondom jou. Dit laat jou soms in die moeilikheid beland wanneer jy te veel dinge probeer doen en maak dit moeilik om elke probleem te oorkom wat jy wil oplos. Jy kan taamlik goed kook, maar as dit sosiaal aanvaarbaar sou wees om verskillende soorte wegneemkos vir elke maaltyd te eet, sou jy dit waarskynlik doen.
-
GEEN PAADJIE NIE
Jy het duidelike riglyne in jou kop oor wat jy in die toekoms wil doen, maar deel nie altyd jou planne met die mense rondom jou nie – jy verkies om mense op hul tone te hou. Jy neem nooit deel aan skinderpraatjies of dramas nie en is gereeld ’n balanserende krag tussen jou geliefdes. Jy waardeer spontaniteit en het dikwels die drang om jou werk te bedank en na ’n Karibiese eiland toe te trek.
-
AAN DIE LINKERKANT
Jy is van die oggend tot die aand op jou werk en gesinspligte gefokus. Jy weet nie wat om met ontspantyd te doen nie, maar dit is ook hoekom jy so suksesvol is. Jy is uiters deernisvol teenoor diere en kinders, maar duld nie volwassenes wat jok, verskonings maak of drama veroorsaak nie. Gepraat van diere: Jy het waarskynlik ’n geheime lêer met foto’s van oulike hondjies op jou rekenaar.
-
REGUIT IN DIE MIDDEL AF
Jy dink helder en is gebalanseerd en dit maak jou die eerste mens na wie jou vriende of familie hulle wend as hulle ’n skouer nodig het om op te huil. Jy is intelligent, hoflik en baie reguit. Daarom verstaan jy nie hoekom enige iemand passief-aggressief of onbeskof wil wees nie. Jou sokkielaai is noukeurig georganiseer.
Oorspronklik saamgestel vir redbookmag.com.