×
Skakel na Engels

Wat is jou risiko vir uitbranding?

Vind uit of jou persoonlikheidstipe jou risiko vir emosionele uitbranding vergroot

 

As “stresvol” nie eens naastenby jou bedrywige lewe beskryf nie, kan jy op die punt van uitbranding wees. Haal diep asem: Daar is eenvoudige, alledaagse oplossings wat jou kalmer en meer in beheer sal laat voel.

 

1. Wat is jou risiko om uit te brand?

As jy ’n ekstrovert is, sal jy dalk … NIE UITBRAND NIE

Ekstroverte kan die afwaartse wenteling van uitbranding beter weerstaan, waarskynlik omdat hulle meer ondersteuning kry, meen dr. Arnold Bakker, ’n vername kenner van uitbranding. Maar jy het ook soms alleentyd nodig. Volgens navorsing kan ’n goeie dosis stilte jou ook minder uitgeput laat voel. As jy gespanne voel, stap in die gang af, glip by ’n leë konferensiekamer in en sit en werk vir ’n rukkie daar.

 

As jy ’n perfeksionis is, kan jy dalk … UITBRAND

Jy’s dalk puik in jou werk, maar stuur waarskynlik ook op verskroeiing af. “As jy altyd meer wil aanpak, gaan jy jouself heel moontlik verstandelik uitput,” sê dr. Ron Epstein, ’n professor in gesinsgeneeskunde, sielkunde en onkologie by die mediese sentrum aan die Universiteit van Rochester in die VSA. Probeer identifiseer wanneer jou perfeksionisme oorbodig is (moet jy regtig ’n werk-e-pos drie keer deurlees of jou kind se onderklere opvou?) en gee jouself toestemming om die leisels ’n bietjie te verslap.

 

As jy te betrokke by jou werk is, kan jy dalk … UITBRAND

“Jou beroep maak jou nie wie jy is nie,” sê Arianna Huffington, mediamagnaat en skrywer van Thrive (Crown Publishing Group). Ruim tyd in vir passies buite die werkplek, soos joga, om te blog of jou vriende te laat lag. “Om wat jy doen te verwar met wie jy is, lei eindelik tot keuses wat die teenoorgestelde uitwerking as vooruitgang het,” sê Huffington.

 

As jy ’n punt daarvan maak om ’n slegte situasie te verander, sal jy dalk … NIE UITBRAND NIE

“Betrokke mense verander ’n situasie by die werk of huis as hulle nie daarvan hou nie,” sê Bakker. “Dis hoe hulle betrokke bly.” Dit kan beteken dat jy nuwe opdragte moet aanvra as jou werk vervelig raak of dat jy vriende se hulp moet vra wanneer jy terneergedruk voel.”

 

2. Sien die tekens raak en kry hulp

Lees ons artikel oor die tekens en simptome in die verskeie stadiums van uitbranding, en kry ekspertraad oor hoe om te herstel en te keer dat jy weer uitbrand.

LEES OOK: Dís wat jy moet eet wanneer jy gestres is
LEES OOK: 4 verrassende tekens dat jy gestres is

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Red ’n lewe met KPR

Leer om KPR te doen met hierdie 8 stappe en jy kan ’n lewe red

Close