×
Skakel na Engels

Wat is gesigsproei en hoe kan jou vel daarby baat?

Sproei jouself beeldskoon!
Gesigsproei

Met soveel nuwe en oënskynlik innoverende skoonheidsprodukte wat op ʼn gereelde basis bekendgestel word, is dit soms moeilik om tussen foefies en werklike velsorghelde te onderskei. Een taamlik nuwe en toenemend gewilde produk is gesigsproei. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Gesigsproei stel jou in staat om ekstra bestanddele op jou vel te sproei wat jy op die lange duur beter kan laat lyk én voel. Wat die onmiddellike resultate betref, kan dit jou verfris laat voel en minder moeg laat lyk, veral op ʼn warm somerdag. Baie van ons werk in ʼn kantoor met lugversorger wat vog uit die lug onttrek en ons vel uitgedroog laat voel. ʼn Botteltjie gesigsproei is net die ding om daarmee klaar te speel.

Lees: Reinig én red jou vel

Maar gesigsproei is nie net vir mense met ʼn gedehidreerde vel nie – daar is heelwat gesigsproeie wat enigiets van ʼn droë tot ʼn dowwe tot ʼn aknee-vel teiken. Dit kan óf soos ʼn verfrisser aangewend word waar jy ʼn bietjie daarvan op watte spuit en op jou gesig en nek aanwend, óf jy kan dit aansproei en dit op jou vel laat droog word. Jy kan dit soggens en saans gebruik nadat jy jou gesig gereinig het en voordat jy jou bevogtiger aanwend, sowel as deur die loop van die dag wanneer jy en jou vel ʼn opkikkertjie nodig het.

En net vir ingeval jy nie weet waar om te begin nie, hier is vyf van ons gunstelinge. Watter een gaan jy by jou skoonheidsarsenaal voeg?

LEES OOK:

Hoekom is gesigverfrissers so belangrik?

6 maklike skoonheidsvoornemens waarby jy vanjaar moet hou

Die nuutste skoonheidskopies, -kortpaaie en -tendense

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief