×
Skakel na Engels

Wat is dermarolling en hoe kan jou vel daarby baat vind?

Dermarolling is ’n nuwe gewilde skoonheidsneiging in SA. Hier is alles wat jy daarvan moet weet
dermarolling

’n Vlekkelose vel is iets wat hoog op die meeste van ons se wenslysie is, maar saam met die lewe kom daar laglyne, rekmerke, littekens en onegalige pigmentasie wat dikwels tussen ons en ons droomvel staan. Dit is hoekom dermarolling, wat nog ’n betreklik nuwe neiging in Suid-Afrika is, al hoe gewilder raak. Maar wat presies behels dit?

Tydens dermarolling, wat ook as mikronaaldbehandeling bekendstaan, word ’n plastiekhandrollertjie met ’n kop vol piepklein titaannaalde gebruik. Die naalde kom in verskeie lengtes, en jou keuse van naadlengte hang af van of jy ’n beginner of ’n ou hand is, asook watter velprobleem jy probeer oplos.

Die naalde word dan deur jouself of deur ’n skoonheidsterapeut by ’n salon oor jou vel gerol. Dit dring die boonste laag van die vel in, wat die vel flous deur dit te laat dink dat dit trauma ervaar. Dit veroorsaak dat ekstra kollageen na die vel se oppervlak stroom sodat die vel homself kan herstel, en dis hierdie ekstra kollageenvervaardiging wat help om die voorkoms van plooie, rekmerke en ander velprobleme te verminder.

Lees: Probleme met pigmentasie?

Nog ’n voordeel is dat jou vel ná die behandeling makliker produkte kan absorbeer omdat dit onder die boonste laag kan inwerk. Dermarolling bevorder ook bloedvloei, wat belangrik is om jou vel gesond en stralend te hou.

Is dermarolling vir jou geskik?

Die beste manier om uit te vind of jy iets by jou skoonheidsroetine moet insluit, is om vir ’n sessie by ’n erkende skoonheidsalon te gaan. As jy daarna voel dis iets wat jy by die huis wil probeer, raadpleeg jou dermatoloog of skoonheidsterapeut oor watter model vir jou geskik is, waar jy dit kan koop en presies hoe jy dit moet doen.

Dis belangrik om die aanwysings te volg om te verseker dat jy die beste resultate kry en nie jou vel beskadig nie. Hoewel dit ietwat ongemaklik kan voel, is dit heeltemal draaglik en jou vel sal mettertyd daaraan gewoond raak.

En sodra jy die dermaroller baasgeraak het, sal dit ’n maklike en bekostigbare manier wees om die jare te laat waai (of te laat rol!) sodat jy vir langer jonger kan lyk. 

FOTO: iStock/marcinm111

LEES OOK:

5 mites oor velveroudering – ontbloot!

5 foute met ooggrimering wat jou ouer laat lyk 

3 superkosse wat jou help jonk bly 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 dinge waarmee pasiënte dermatoloë tot raserny dryf

Het jy al ooit gewonder wat jou dermatoloog van jou dink? Wel, nou weet jy. Deur Meirav Devash

Close