×
Skakel na Engels

Wat die wit strepies op ’n hoenderborsie beteken …

Waarskuwing: Dié feite kan dalk jou maag laat draai. Deur Caroline Picard.
hoender strepies

’n Diereaktivistegroep wil jou twee maal laat dink voordat jy jou volgende hoendertoebroodjie geniet. Compassion in World Farming wil vleisliefhebbers aanmoedig om meer oor “wit gestreeptheid” (white striping) uit te ’n spierversteuring wat ’n invloed op hoenderborsies het. Volgens ’n studie wat in 2013 in die Italian Journal of Animal Science verskyn het, veroorsaak hierdie toestand dat vetinhoud met 224% verhoog en die hoeveelheid proteïen verlaag. Navorsing wat in daardie selfde jaar in Poultry Science gepubliseer is, het tot ’n soortgelyke slotsom gekom: Gegrond op die hoeveelheid “wit gestreeptheid” was daar ’n toename in vet en ’n afname in proteïen.

Jy het wit gestreeptheid bes moontlik reeds in jou supermark se yskaste opgemerk. Die toestand lyk eenvoudig soos fyn wit strepies wat parallel met die gewone spier loop. Volgens ’n studie deur die Universiteit van Arkansas en Texas A&M het die intensiteit van wit gestreeptheid die laaste paar jaar toegeneem. Dit is by 96% van die 285 hoenders geïdentifiseer wat getoets is. Belangriker nog: Die toestand het ’n negatiewe impak op vleisgehalte deur marinade-opname en kookverlies te beïnvloed.

Lees: 5 planne met hoenderborsies

Pluimveewetenskaplikes glo dat vraag en aanbod ’n groot rol speel. Die mark vir goedkoop proteïene moedig boere aan om groter hoenders binne korter tyd te produseer. Volgens die VSA se Nasionale Hoenderraad was die gemiddelde hoender wat in 1950 mark toe gestuur is, 1,4 kg en 70 dae oud. In 2015 het die gemiddelde gewig verdubbel — na 2,8 kg — maar die gemiddelde ouderdom na 47 dae gedaal.

’n Woordvoerder van die Nasionale Hoenderraad het egter aan Buzzfeed gesê dat wit gestreeptheid slegs ’n “klein persentasie van hoendervleis” raak en “nie enige gesondheids- of voedselrisiko’s vir mense inhou nie”. Jaclyn London, geregistreerde dieetkundige en voedingsdirekteur by die Good Housekeeping Institute, stem saam dat hoender steeds ’n gesonde keuse is. “Hoendervleis — solank dit nie in broodkrummels gerol en gediepbraai word nie — is ’n goeie bron van maer proteïen (wat toevallig ook ryk aan B-vitamiene, yster en vitamien B12 is). Onthou om pluimvee behoorlik gaar te maak en teen die regte temperatuur in die yskas of vrieskas te bewaar; en vermy kruisbesmetting gedurende voedselbereiding.”

Uit: Good Housekeeping US

FOTO: iStock/Magone

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief