Die kleur van jou urine kan baie oor jou gesondheid sê. Vind uit wat as normaal beskou word en presies hoeveel water jy behoort te drink:
DEURSIGTIG
Jy drink baie water, dalk te veel.
LIGTE STROOIKLEUR
Jou urine is normaal en jy is gesond en goed gehidreer.
DEURSIGTIGE GEEL
Dit word as normaal beskou.
DONKERGEEL
Normaal, maar maak seker jy verhoog jou waterinname.
HEUNING TOT STROOP
Jy drink nie genoeg water nie. Begin dadelik meer water drink.
PIENK TOT ROOIERIG
Het jy onlangs beet geëet? Nee? Dan kan daar bloed in jou urine wees. Dis dalk niks, maar dit kan ook op enige iets van niersiekte tot ’n urienweginfeksies dui. Gaan spreek jou dokter.
ORANJE
Jy drink dalk nie naastenby genoeg water nie, of dit kan ’n teken van ’n lewertoestand wees. Gaan spreek jou dokter as dit voortduur.
GROEN
As jy nie nuwe of ’n ander soort medikasies begin neem het nie, is die kans dat jy ’n urienweginfeksie het. Gaan spreek jou dokter as dit voortduur.
Lees ook:
9 goed wat jou stoelgang oor jou gesondheid onthul
Dís wanneer jy nommer twee behoort te doen
Alles wat jyoor afskeidings moet weet