×
Skakel na Engels

Wasgoedwenke om jou strykwerk te verminder

Want dit sal ons tyd gee om meer prettige goed te doen. Deur Vicky Chandler
laundry

Stryk is verreweg een van die ergste huishoudelike take. Voordat jy weet, het die hoop strykwerk opgehoop en moet jy die hele naweek lank jou hele kas se klere stryk

Volg gerus hierdie wasgoedwenke om te verseker dat jy minder tyd met die strykyster deurbring terwyl jou hoop wasgoed klein bly.

Skud jou klere uit

Dis maklik om al jou nat klere in die tuimeldroër te gooi, maar soms as dit gedraai of inmekaargebondel is, sal dit vol kreukels uit die droër kom. As jy dit vinnig uitskud voordat jy dit in die droër sit, behoort dit daardie probleem op te los.

Moenie droë klere laat lê nie

Kom ons wees nou eerlik: Ons is almal skuldig daaraan dat ons die wasmasjien of droër hoor biep en nie onmiddellik daaraan aandag gee nie. As jy die klere laat lê, is voue en kreukels meer geneig om te vorm. 

Hang dit op

Sekere materiale en kledingstukke kan lugdroog gemaak word. Om hemde en rokke op te hang terwyl dit nog nat is, kan help om kreukels uit te stryk – en dan hoef jy dit dalk glad nie te stryk nie!

Moenie die wasmasjien oorvol maak nie

Om die wasmasjien of tuimeldroër oorvol te maak kan meer kreukels veroorsaak.

Kies sintetiese vesels

Volgens Trisha Schofield, hoof van verbruikerstoetsing by die Good Housekeeping Institute, het sintetiese vesels soos poliëstermengsels minder stryk en sorg nodig. As jy ’n 100%-katoen-soort-mens is, is dit dalk die rede hoekom jou klere so kreukel.

Moenie swaar en delikate materiale saam was nie

Swaarder en delikate materiale het verskillende wassiklusse nodig – as jy kreukels wil verminder, sorteer eers die materiale apart.

Moenie jou kas te vol maak nie

Dis nie net wat jy doen nadat jy die klere gewas het wat iets met die kreukels te doen het nie. As jou kas propvol gestop is met te min ruimte vir jou klere sal dit nie mooi en plat hang nie.

Hierdie artikel het oorspronklik op www.goodhousekeeping.co.uk verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die Simply Supreme-strykplank

Goeie grootte en vorm

Close