×
Skakel na Engels

Wasdag vir jou woef

Maak Flaffie se badtyd maklik met vier eenvoudige stappe

 

 

1. Kies die geskikte plek

 

Kies ’n plek wat gerieflik is vir jou en jou hond, soos die wasbak, ’n opblaasswembadjie of selfs aan ’n leiband in die agtertuin, waar jy die tuinslang kan gebruik. As jy verkies om jou hond in die bad te was, onthou om ’n rubbermatjie op die bodem te sit sodat jou hond nie gly nie. Hou bederfbrokkies gereed om jou hond vir samewerking te beloon.

 

 

 

2. Pak koeke en taai kolle eerste

 

Borsel sy pels goed uit voordat jy hom natmaak. ’n Druppel baba-olie kan taai koeke (soos van boomgom) loskry.

 

 

 

3. Raak lekker nat

 

Plaas ’n wattebolletjie in albei jou hond se ore. Week hom dan deur ’n stortkop, tuinslangkop of plastiekbeker te gebruik. Vryf ’n bietjie hondesjampoe (nie jou sjampoe nie) in sy pels in. Begin agter die ore en werk agtertoe. Hondesjampoe behoort nie baie te skuim nie. Dit spoel dus maklik af en verwyder nie voedingstowwe uit die pels nie. Spoel hom af en vee sy gesig met ’n klam lappie af. En onthou: gee pad voor daardie onafwendbare uitskud.

 

 

 

4. Hoog en droog

 

Draai jou hond in ’n handdoek toe en dep hom droog. Moenie koeke probeer uitkam terwyl sy pels nog klam of nat is nie. Borsel eers jou hond wanneer die pels heeltemal droog is. Haal die wattebolletjies uit sy ore en geniet sy blink, skoon pels – al is dit net vir ’n rukkie!

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 wenke om te keer dat jou troeteldiere vergiftig word

Dierevergiftiging in huise neem al hoe meer toe.
 Hou jou troeteldiere veilig met dié vindingryke riglyne

Close