×
Skakel na Engels

Wanneer om NIE jou kosbare ringe te dra nie

Weet wanneer om nié jou duur ringe te dra nie
rings

Daar is ’n paar scenario’s wanneer jy eerder jou kosbare verloof- of trouring moet afhaal. Beskerm jou juweliersware en behou die glans deur dit nié in hierdie gevalle te dra nie:

1. Wanneer jy in die gim oefen Jou ringe kan teen iets kap, veral as jy met gewigte oefen. Om ’n ring te dra wanneer jy toerusting soos handgewigte vashou kan jou greep beïnvloed en handbeserings veroorsaak, en die kosbare metaal kan boonop versag en vervorm wanneer dit met ander metaal in aanraking kom (soos ’n handgewig, byvoorbeeld).

2. Wanneer jy in die see of ’n swembad swem Soutwater en chloor kan jou ring laat verkleur, en koue water kan jou vingers laat krimp wat kan maak dat jy jou ring in die water verloor.

3. Wanneer jy skottelgoed was Wanneer jy jou hande in water en skottelgoedwasseep dompel kan die seperige residu jou ring verdof, en sommige chemikalieë kan jou ring mettertyd beskadig.

4. Wanneer jy in en om die huis skoonmaak Die sterk chemikalieë in huishoudelike reinigers is nie juis kosbare metale en stene se beste vriende nie, aangesien dit verkleuring kan veroorsaak. Jy kan ook jou ring per ongeluk teen ’n harde oppervlak kap, wat die ring kan beskadig.

5. Wanneer jy bak of kook Of jy nou brood knie, koekiedeeg in balletjies vorm of ’n hoender vul, enige vet- of kosresidu kan ’n dowwe laag oor jou ring vorm.

6. Wanneer jy bevogtiger of skoonheidsprodukte aanwend Sit jou ring eers aan nadat jy met jou oggendroetine klaar is – dit behels alles van room aan jou gesig en lyf aanwend tot grimering met jou vingers aanwend, en om jel, mousse of haarsproei in jou hare in te werk. Dié produkte kan ’n vaal residu op jou ringe laat, wat dit dof kan laat lyk.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief