×
Skakel na Engels

Wag voor jy weggooi

Probeer hierdie truuks om die lewe van die hardwerkendste items in jou huis te verleng

don't toss it

1. Muf en skimmel op ’n stortgordyn

Red dit: Was dit in die wasmasjien (’n kort siklus) saam met ou handdoeke in baie warm water en bleikmiddel.

Hou dit langer: Los die badkamer se deur en ven- ster oop – of ’n ventilasie-waaier aan vir ten minste 20 minute ná ’n stort.

2. ’n Beskadigde mes

Red dit: Plekke soos Barksole (besoek www.barksole.com vir ’n tak naby jou) maak nie net skoene en handsakke reg nie, hulle maak ook messe skerp en kan enige mes slyp.

Hou dit langer: Gebruik ’n blok, laai-organiseerder of lemskede om dit te beskerm.

3. Uitgesakte sitplek-kussings

Red dit: As die bekleedsel nog goed lyk, verwyder die sponsvulsel en neem dit na Fabric link in Johan- nesburg (www.fabriclink. co.za), ethekweni Foam Converters in durban (☎ 031 303 7433) of Foamkor in kaapstad (www.foamkor.co.za).

Hou dit langer: draai die kussings elke paar maande om sodat dit geleidelik uitsak.

4. Lendelam houtmeubels

Red dit: Die maklikste ma- nier om ’n wankelrige hout- poot van ’n meubelstuk reg te ruk, is om ’n peuselstokkie in te steek waar die poot en die sitplek bymekaarkom, en dit dan af te breek. probeer liberon touch-up- penne (R120 elk, www.hardwarecentre.co.za).

Hou dit langer: Ondersteun ’n los stoelpoot vroeër eerder as later met peuselstokkies en spykers. Dit kan dalk breek as jy aanhou om dit só te gebruik.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wag voor jy weggooi

Probeer hierdie truuks om die lewe van die hardwerkendste items in jou huis te verleng

Close