×
Skakel na Engels

Waar kom hierdie gate vandaan?

Ontstig hierdie algemene T-hemp-dilemma jou?

Trek jy jou gunsteling-T-hemp aan en dan ontdek jy daar is ’n paar onverklaarbare gaatjies onderaan? Jy het gekyk of daar motte in jou kas is, maar daar is nie. Dan ontdek jy daar is nog van jou T-hemde met dieselfde gate! Wie of wat maak die gate in jou klere?

 

Daar is ’n antwoord op hierdie algemene strikvraag.

 

• Die knoopsgate van jeans en broeke is baie harder as die materiaal van ’n T-hemp en die wrywing tussen die knope en die materiaal kan daardie spesifieke plek mettertyd verswak.

 

• Bring ’n element soos soos ’n kombuistoonbank in waarteen jy leun terwyl jy aandete maak en daardie verswakte plek verswak waarskynlik nog meer. Die resultaat is daardie gaatjies.

 

• Ander redes is sitplekgordels en belde.

 

Hoe om te keer dat die gaatjies vorm

• Dra ’n voorskoot terwyl jy kos maak.

• Druk jou T-hemp voor by die middellyf van jou broek in. Dit sal nie net jou middel definieer nie, maar kan ook keer dat daardie verpestelike gaatjies vorm.

 

 

 

Wil jy nog voorkomende tegnieke leer?

 

Kyk hierdie videotutoriaal:

 

 

https://youtu.be/nELJ1Fj6yaY

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Werk vas en laat waai

Jou klere kan altyd goed lyk as jy die regte gereedskap byderhand het wanneer iets reggemaak moet word. Met dié...

Close