Dis somer, wat beteken dat jy so min as moontlik tyd voor die spieël wil deurbing en die meeste van die lieflike weer wil maak.
1. Dra dit kort
Die bob is ideaal vir die somer en dis relatief maklik om te stileer. As jy krulhare het, hou in gedagte dat jou hare in verskillende weerstomstandighede meer of minder sal krul. Jou punte moet dus net onder jou skouers hang om hiervoor voorsiening te maak.

iStock/deniskomarov
2. Maak ’n bolla
Het jy ’n bietjie verslaap? Geen probleem. Jy kan hierdie haarstyl vinniger kry as wat jy kan sê ‘sterstyl’! Maak ’n poniestert hoog op jou kop. Draai dan die ‘stert’ om ’n bolla te vorm, en hou dit in plek met ’n paar haarknippies.

iStock/visualspace
3. Die poniestert
Lyk sjiek in sekondes deur jou hare agtertoe te kam en in ’n poniestert vas te bind. Wenk: Hierdie styl werk beter as jou hare ’n dag of so laas gewas is.

iStock/filadendron
4. Vat dit kop toe
Kopbande is ideaal vir wanneer jou kuif nie meer so skoon is nie, en dis ’n goeie manier om jou hare uit jou gesig te hou.

iStock/valentinrussanov
5. Vleg dit
Vlegsels word lankal nie meer net deur kinders gedra nie. Jy kan ’n dun vlegseltjie soos ’n kopband dra, ’n lae vlegsel maak wat oor jou een skouer hang, of selfs jou vlegsel in ’n bolla draai.

iStock/SanneBerg