×
Skakel na Engels

Vraelys: Watter troeteldier is vir jou bedoel?

Beantwoord hierdie vraelys om vas te stel watter troeteldier jou die beste sal pas
Watter troeteldier is vir jou bedoel?

Wil jy graag ’n dierevriend van jou eie hê? Speel saam en beantwoord ons vraelys om uit te vind watter troeteldier pas by jou leefstyl, begroting en persoonlikheid.

Belangrike vrywaring: Dié vraelys word bloot vir die pret gedeel. Wanneer jy wel besluit om ’n troeteldier te kry moet jy behoorlike navorsing doen en ’n begroting uitwerk. Geen vraelys kan die raad van kenners vervang nie.

Faktore om in ag te neem wanneer jy op ’n troeteldier besluit:

  • Hoe lyk jou leefruimte? Het jy heelwat spasie tot jou beskikking? Woon jy saam met huismaats of kinders wat dalk allergies is vir diere? Mag jy diere in jou huis of woonstel aanhou?
  • Hoe lyk jou begroting? Onthou, daar sal veeartsrekeninge wees om byvoorbeeld ’n mikroskyfie in jou wollerige vriendjie in te plant en hom of haar te laat regmaak. Troeteldierkos en ander voorraad sal ook deel van jou maandelikse uitgawes word. Hoeveel geld jy het om vir ’n troeteldier te sorg sal bepaal watter dierevriend jy sal kies.
  • Sal ’n troeteldier by jou daaglikse roetine inpas? Sal jy tyd hê om byvoorbeeld met jou hond te gaan stap? Sal jy elke aand tuis wees om vir jou troeteldier kos te gee? Het jy vriende of familie wat na jou troeteldier kan omsien wanneer jy met vakansie gaan? 
  • Vra jouself: Beplan jy om binnekort na ’n ander provinsie of land te trek? Dalk is dit nie die perfekte tyd vir ‘n troeteldier as jy hom binnekort aan ’n nuwe omgewing gaan blootstel nie?

Wenke vir voornemende troeteldiereienaars:

  • Kontak jou plaaslike dierehawe; dalk is daar heelwat katte en honde wat jy kan aanneem.
  • Oorweeg dit om ’n ouer kat of hond aan te neem. Nie net red jy dalk ’n dierelewe nie, maar ’n ouer troeteldier luister dalk beter as byvoorbeeld ’n klein hondjie en is dalk reeds geleer wat hy in jou huis mag doen en wat nie.
  • As jy jong kinders in die huis het, berei hulle voor op die nuweling in die gesin. Laat hulle deel was van jou troeteldier se versorging deur byvoorbeeld te help om vir hom kos te gee.

FOTO: iStock/wundervisuals

LEES OOK:

 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Hond weet as iemand nie ’n gawe mens is nie

As jy ’n hond het, het jy waarskynlik lankal vermoed dat jou viervoetige vriend baie insig het, en nou het...

Close