×
Skakel na Engels

Vra die kenner

Sal ’n kandelaar in jou huis werk? Judith Matthews, die eienaar van Isabelina Décor Shed (www.isabelina.co.za), gee raad.

 

 

V: “Ek sou graag ’n mooi kandelaar vir ons huis wou aanskaf, maar ek’s bekommerd dat ons nie genoeg plek daarvoor het nie. Ek is ook bang dat my man ontuis sal voel met so ’n oordadig vroulike bykomstigheid.”

 

A: Ek is mal oor kandelare, dit is van die vernaamste artikels in ons winkels. Hoewel ’n mens geneig is om te dink ’n kandelaar is altyd groot en dramaties, is daar ook kompakte keuses (met tussen een en vier gloeilampies) wat net so voortreflik soos hul groter tantes glim, net op ’n kleiner skaal. Die effek is dus steeds pragtig, net minder dramaties – geskik vir ’n ingangsportaal, bokant ’n eetkamertafel, in ’n badkamer of selfs in die kombuis.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 wenke om eiendomme vir jou te laat werk

As jy dit oorweeg om in eiendomme te belê, lees eers dié raad van ’n eiendomskenner

Close