×
Skakel na Engels

Voorkom pofferige oë

Wonderlike produkte en ’n paar boererate om te probeer

Staan jy soggens met sakkies onder jou oë op? Dan moet jy dalk kyk na die posisie waarin jy slaap. ‘As jy heeltemal plat lê, kan vloeistof rondom jou oë opbou,’ sê dr. Elizabeth Tanzi, ’n dermatoloog. Gebruik ’n ekstra kussing en slaap op jou rug sodat die oortollige vloeistof kan dreineer. Wend voor bedtyd ’n oogroom wat kafeïen bevat aan, soos Revitalift Laser Renew Precision Eye Cream 15ml (R260) or Clarins Eye Contour Gel (R475).

’n Paar boererate:

Komkommers se sametrekkende eienskappe sal die bloedvate in jou vel laat saamtrek. Lê plat agteroor, maak jou oë toe en plaas ‘n komkommerskyfie op elke oog. Ontspan vir vyf tot 10 minute terwyl die komkommer die pofferigheid verwyder.

Teelepels is net die regte kombuisgereedskap om jou te help om jou oë weer na hul normale vorm te kry. Plaas vier tot ses teelepels in die yskas. Haal dit ná ‘n paar minute uit en lê dan plat, maak jou oë toe en sit ‘n koue teelepel (met die bol na bo) op elke oog. Wanneer die teelepels afkoel, vervang dit met koues uit die yskas.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bederf ’n tuinier tot in die afgrond

Vyf items wat jou vriend(in) met die groen vingers se lewe makliker sal maak:

Close