×
Skakel na Engels

Volwasse pienk: Pienk is dié seisoen die ín-kleur

Dra pastel- of vuilpienk van kop tot tone of kombineer dit met patrone of helder kleure
Volwasse pienk

Bostukke

shirt
Hierdie ligpienk hemp sal beslis ’n aanwins vir jou klerekas wees. R379, H&M

jersey
Elke vrou behoort ’n snoesige pastelpienk trui in haar kas te hê. R550, QUEENSPARK

jacket

’n Vliegbaadjie bly ’n modestaatmaker! Kies een van luukse sy of met ’n metaalkleur of geborduurde detail vir ’n unieke voorkoms. R829, ZARA

Broeke

pants

’n Deftige palazzobroek is ewe gepas vir die kantoor of ’n skemerpartytjie. R899, FOREVER NEW

Skoene

shoes

Raak van voor af verlief op die bekoorlikheid van pienk met hierdie veelsydige skoene – dra dit by jeans of ’n rok. R260, THE FIX

heels

Dié pragtige hoëhakskoene met strikkies sal mooi lyk by ’n deftige uitrusting. R529, H&M

Bykomstighede

watch

Die perfekte kombinasie van bekostigbaar en besonders! R449, FOREVER NEW

sunglasses
Hierdie prettige pienk vlieëniersonbril is vir alle seisoene geskik. R79,99, THE FIX

bag
Ons is dol oor al die detail op handsakke dié seisoen, soos ’n metaalring op die flap. R130, MRP

WENK: Hou bykomstighede eenvoudig en klassiek as jy van kop tot tone pienk dra.

FOTO: Getty

LEES OOK

7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer

10 modewenke om jou jonger te help lyk

Vraelys: Hoe modebewus is jy?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief