×
Skakel na Engels

Volgens beroepswedders is DIT die gunstelingnaam vir die derde koninklike baba

Een beroepswedder het weddenskappe oor die geslag van die baba opgeskort weens die “vloed” weddenskappe wat een spesifieke naam ondersteun! Deur Olivia Blair
naam

Dis nie net die beroepswedders Paddy Power wat skynbaar hul hart op baba Mary gesit het nie. Dié Bybelse naam ook ’n groot gunsteling vir Betfair, Ladbrokes en William Hill.

Ander neem egter nog weddenskappe oor die geslag van die baba. Ladbrokes, met 10/11, voorspel dis dalk eerder ’n meisie as ’n seun, en so ook William Hill.

Die hertog en hertogin van Cambridge het in Oktober 2017 bevestig hulle verwag hul derde kind in April 2018, net ’n maand voor die koninklike huweliksbevestiging van prins Harry en Meghan Markle in Windsor. William en Kate het reeds ’n seun, George (4), en ’n dogter, Charlotte (2). Met dié dat die geboorte net ’n paar maande weg is, is daar baie bespiegeling oor die geslag en die naam van die baba.

Die raaiery het trouens so ’n punt bereik dat die beroepswedders Paddy Power weddenskappe oor die geslag van die baba opgeskort het weens die oorweldigende mening van mense wat gewillig is om geld op hul voorspelling te wed dat die baba Mary genoem sal word.

Die toevloei van weddenskappe het rondom middagetenstyd op Maandag plaasgevind en het volgens die beroepswedders daartoe gelei dat hulle nie meer weddenskappe oor die geslag van die baba aanvaar nie. Die moontlikheid dat die naam Mary sal wees, het van 12/12 na 3/1 verminder.

Sedertdien neem Mary die leiding, gevolg deur Alice (8/1), en dan die seunsname Arthur (8/1) en Henry (10/1), gevolg deur Victoria (10/1) en Elizabeth (11/1).

Toe die nuus van die swangerskap in September bekend geword het, was Alice boaan beroepswedders se lys. Die naam beteken immers “adellik” en dit was die naam van die hertog van Edinburg se ma. 

 
FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

 
 
 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief