×
Skakel na Engels

Voed die nasie, een muffin op ’n slag

Ondersteun die Isabelo-inisiatief (Isabelo is Xhosa vir ‘deel en omgee’), wat gesonde maaltye aan honderde skoolkinders voorsien

Duisende kinders gaan elke dag honger skool toe, en vier jaar gelede het Le Quartier Français besluit om Franschhoek se kinders te help.

 

Margot Janse, uitvoerende sjef by Le Quartier Français, het met die hulp van ’n dieetkundige ’n voedsame muffinresep vir ’n klein plaaslike crèche geskep. Met ’n bietjie hulp van ander het Le Quartier Français daarin geslaag om vir ’n jaar lank elke Vrydag muffins by dié skooltjie af te lewer. Danksy donasies kon hulle ook vyf dae per week gesonde maaltye aan meer as 50 kinders in twee ander kleuterskole lewer.

 

Daarbenewens het Isabelo ook die plaaslike Ontbytklub ondersteun en in 2012 het hulle gehelp om 150 000 gebalanseerde ontbyte aan skoolkinders in Franschhoek te verskaf. Vanjaar beoog hulle om daagliks maaltye aan 120 kinders te voorsien. As jy hulle wil help om leë, honger magies vol te maak, kliek hier vir meer inligting.

 

Probeer gerus sjef Margot Janse se muffinresep by die huis. Jou kinders sal dit ewe veel geniet om jou te help bak, as om dit te eet!

 

Muffins

Maak 12

 

Bestanddele:

115g koekmeelblom

115g volgraanmeelblom

1t bakpoeier

¾t koeksoda

50g bruinsuiker

85g hawermout

115g rosyntjies, fyngekap

125g wortel, gerasper

125ml kanola-olie

2 eiers

100g piesangs

125ml karringmelk

 

 

Aanwysings:

  1. Meng al die droë bestanddele saam.
  2. Meng al die nat bestanddele saam.
  3. Vou die nat mengsel by die droë mengsel in.
  4. Vul ’n  gesmeerde muffin- of kolwyntjiepan ¾ en bak teen 180°C vir 17 minute.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ondersteun KANSA se 10de Shavathon

Skeer, sproei, stensil of jel jou hare ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika se 10de jaarlikse Shavathon

Close